Gerrie Hadders deel sy lewensreis met sy boek, Just Keep S’myelin

Just Keep S’myelin skets die lewensverhaal van Gerrie Hadders, ’n veelvuldige sklerose-lyer met ’n aansteeklike positiewe uitkyk op sy oorlewing en die lewe in die algemeen.

Omdat die boek in eerstepersoonperspektief geskryf is, kan lesers hulself amper verbeel asof hulle gemaklik op ’n rusbank uitgestrek lê en luister hoe Gerrie skerts oor sy skooldae, gesinslewe, sy tyd in die weermag, toe hy sy sielsgenoot ontmoet het, hoe tragedie die wind uit sy seile geslaan het en uiteindelik hoe hy sy lewensveranderende diagnose gekry het.

Oor hoekom Gerrie die begeerte gehad het om hierdie boek te laat skryf sê hy die volgende: “As my storie slegs een persoon se hart kan aanraak, maak dit al die pyn en leiding vir my die moeite werd. Mense kyk nie noodwendig objektief na ernstige siektetoestande nie en ek hoop dat my woorde hulle sienswyse kan verander.”

In hierdie boek deel Gerrie intieme gebeurtenisse oor sy opvoeding en lewe. Hy deel sommige van die wyshede wat hy deur die jare opgedoen het met mede VS-lyers, hulle geliefdes en versorgers. Lesers kan verwag om vermaak, bemoedig en ingelig te wees terwyl hulle deur die storie van sy lewensreis blaai.

Intussen is die S’myelin Foundation gestig, ’n organisasie sonder winsbejag wat fokus op die bewusmaking en bystand vir veelvuldige sklerose. R50 van elke boekverkope word direk geskenk aan die organisasie.

Oor Gerrie Hadders

Gerrie is gebore en groot gemaak in die Vaal Driehoek. Hy het in die besige Pretoria gebly vir vyftien jaar nadat sy twee kinders gebore is, waarna hy weer terug getrek het Vereeniging toe. Hy sien daarna uit om die laaste hoofstuk van sy lewe ook hier deur te bring.

Hy was in 2009 gediagnoseer met veelvuldige sklerose, en sedertien het sy lewe talle draaie en kronkelpaaie gemaak. Hy sê dat hy wel VS het, maar dat sy identiteit beslis nie daaraan gekoppel is nie.

Publikasie: Just Keep S’myelin

Uitgewer: Glans Boeke

Publikasiedatum: 30 Mei 2023

Prys: R150, 00

Formaat: Digitaal

Kategorie: Biografie

Epub ISBN: 978-0-6397-8869-2

Uitgawe: 1

*Prys is onderhewig aan verandering

Medianavrae

Kontak: Gina Vorster

Tel: 074 359 2576

E-pos: gina@glansboeke.co.za

Webwerf: www.glansboeke.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →