Stephan Nel is ongelooflik talentvol op verskeie gebiede maar sy pragtige diep stem gee jou dadelik hoendervleis.
Vind meer uit oor Stephan met sy prentjie biografie en ‘n onderhoud met Olka Bolka.








Olka Bolka se onderhoud.
Vertel ons lesers kortliks oor jouself, waar jy gebore is ens.
Ek is 36 jaar oud, het in die Oosrand groot geword en skoolgegaan. Ek het een sussie, wat 10 jaar ouer is as ek. Deesdae woon ek in Linksfield, Johannesburg. Ek is getroud en het twee kinders, ’n dogtertjie van 4 en ’n seuntjie van 6.
Wat het jy na Matriek gedoen?
Ek het op skool al begin optree en was baie betrokke by die kultuur van die skool. Na matriek het ek wel vir 4 jaar vir Absa gewerk.
Wat doen jy behalwe musiek?
Ek is ook ’n kreatiewe regisseur en het al verskeie produksies en spanne gelei die afgelope 10 jaar. Ek en ’n vennooit het ook onlangs ’n agentskap begin wat gemeentes spesifiek help met hulle kreatiewe afdeling en sosiale media.
Vertel ons bietjie van jou tyd in Duitsland en die ander lande waar jy opgetree het.
Ek het al in Dubai, Seychelles, Zimbabwe en onlangs in Munich,
Duitsland opgetree. Die show in Duitsland was ongeveer 7 maande lank en was in ’n ‘Spiegeltent’ in die hartjie van Munich. Saam met my het acrobats opgetree van Italie, Rusland en Amerika.
Net vir interessandheid Is die buitelandse gehore anders as in Suid Afrika?
Baie, wanneer ouens jou sien en hoor en besef jy kom deel jou talent as buitelander met hulle, is die waardering net nog meer. Die warm harte en ope arms waarmee ek ontvang is, sal ek altyd onthou.
Skryf jy self jou liedjies?
Ek doen, maar het met my vrystellings elke keer kenners ingetrek om vir my te skryf.
Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?
Sê dit weer – die lied is in Augustus vrygestel het is al by die 80000 stroom merk. Die musiekvideo daarvan is ook vir my spesiaal, want my vrou maak ’n verskyning daarin.
Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing?
Ek is lief vir my taal, Afrikaans. Oorsee sing ek wel net Engels,
maar met my laaste kontrak, het ek ‘Blou’ elke aand vir die gehoor gesing, en hulle het dit verskriklik geniet, al kon hulle nie ’n woord verstaan nie.
Enige stokperdjies?
Ek lees graag, geniet vriende en vinnige kuiers met ’n glasie wyn!
Wat is jou musiek genre?
Pop, Rock en ek het ’n sagte plek vir Gospel.
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Ek wou eintlik ’n argitek word.
Wat inspireer jou?
Mens wat met niks ’n groot sukses maak!
As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit
wees en hoekom?
Adam Lambert en die ‘QUEEN’ band, hulle talent laat eenvoudig net my mond oophang.
Watse raad sal jy iemand gee wat nou in jou bedryf wil begin?
Begin net, maar weet dit is nie maklik nie, jy gaan waarskynlik baie wil opgee en dan weer moet ‘kies’. Erens moet ’n deur oopgaan. Jy kan dit nie alleen doen nie, so mense en verhoudings is DIE belangrikste.
Enige snaakste of benoude oomblikke tydens konserte?
My broek se rits het al gebreek 5 min voor ek moes op gaan, ek het al deur ’n verhoog vloer geval en ek het al my klere perongeluk onderstebo aangehad.
Wat is op jou emmerskoplys? (Bucket List)
Ek wil die wereld sien.
Groter en internasionale sukses met my musiek behaal
Ek wil nog Maldives toe en ek wil aftree eendag by die see!
Wanneer verjaar jy?
23 Oktober
Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.
-enigeiets wat nie met passie en ‘excellence’ gedoen is nie
-as iemand jok
-Dat kinders moet seerkry of swaarkry
-as iemand aan my stamp
Wat is jou gunsteling:
Tipe Musiek
-Afrikaans
-klassiek
Sangers
Elandre
Corlea Botha
Adam Lambert
Celine Dion
Band
Queen
Gunsteling liedjie
Op die oomblik, ‘Worty of it all’ – Bethel
Rolprent
ek het nie een nie….
Akteurs
Jennifer Lopez
Melissa McCarthy
Reeks
Queen of the South
Kos en drankie
Pasta en wyn
Ontspanning
le langs die strand en natuurlik ’n middagslapie
Boek
Raising passionate Jesus followers
Vakansie bestemming
Kaapstad!
Kleur
Groen
Waar kan mense jou kry en volg?
Instagram _ stephannelza
Facebook – stephan nel
www.stephannel.com

My webblad is – www.stephannel.com
Performance videos:
Never Enough – https://youtu.be/n69SbX90QxE
When the World crashes down – https://www.youtube.com/watch?v=9tbYQGRgAnA
Sê dit Weer https://www.youtube.com/watch?v=TyxFpnu4KIcY
You say – https://youtu.be/O4WJ3qXfVYs
Maybe I, Maybe You – https://youtu.be/AqlkcrEP3QE
I still believe – https://youtu.be/dWQJpDrqaFU
Love is not a fight – https://youtu.be/A2JdYoPiLkQ
Live promo: https://www.youtube.com/watch?v=p98WTN7PWhM
Audition Tracks:
Signed Sealed Delivered – https://youtu.be/J2B0pzIpvLI
Living on a prayer – https://youtu.be/ei8kEwsGBtQ
Blessed the broken road – https://youtu.be/xeFa8MHWKOI
Sandy – https://youtu.be/kpZ6gD6fs-g
Sweet soul music – https://youtu.be/f-58YI-JnTs
Rewrite the Stars – https://youtu.be/AQ49ViHduaE
Bohemian Rhapsody performance clip – https://youtu.be/HftGtL78pWw
