Dit het als begin met ‘n “Hello”…

20 jaar gelede word ‘n droom waar toe die nat-agter-die-ore Bosvelder besluit om sy eerste liedjie THIS MORNING in ‘n studio in Johannesburg op te neem. Onder leiding van Bernie Millar, met ondersteuning deur Glenda Sixel en Sandy Robbie (beide van Clout-faam), word die Engelse enkelsnit voltooi.  Iets in die produksie het vas gesteek in iemand se kop wat voorgestel het: “Probeer die liedjie in Afrikaans…”

Wat gevolg het is ‘n 2 dekade lange rollercoaster rit met hoogtepunte soos vier #1 treffers, ‘n verskying in kykNET se “Die Van Coke Show” en ‘n Afri-Indie nominasie vir die onlangse treffer PYN (ft Kaley). Met die Suid-Afrikaanse PR koningin en ikoon, Lydia Winchester, nou agter die PR van die rocker, is die feesvieringe van pop musiek so soetsappig soos kraakvars koeksisters.  Ontdek waar alles begin het met die eksklusiewe EPK vir Egmond se opkomende treffer album KOEKSISTER POP.

Ongelooflik (ft Kaley)

Die opkomende enkelsnit word uitgereik 7 Julie 2023

Koeksister Pop

Die opkomende album word uitgereik 30 Junie 2023

Vir meer inligting besoek www.egmond.co.za.

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →