Nuweling Thys Nortje gesels met Olka Bolka.

Nuweling Thys Nortje het pas sy eerste enkelsnit, getiteld ‘’Skryf’’ bekendgestel. ‘’Skryf’’ word beskryf as ‘n liefdesliedjie wat met ‘n kontemporêre gevoel wat folk klanke en Thys se digterlike skryfstyl kombineer. Thys Nortje is ‘n opkomende kunstenaar met ‘n liefde vir musiek wat homself bekend gemaak het as “die ou met die kitaar”.

In ‘’Skryf’’ sing Thys oor ‘n paartjie wat verlore voel in die wêreld, maar hulle vind mekaar en loop saam die pad. Hy verwys na die woorde “So ek skryf jou naam teen my mure uit, hierdie mense dink dalk ons is mal, maar jy verstaan my”. Die liedjie is ‘n intieme en persoonlike uitdrukking van die liefde en verbondenheid tussen twee mense.

Krediet: Andrea Jansen / VONK Musiek

Olka Bolka het ‘n onderhoud met Thys gehad om meer oor hom uit te vind.

Vertel ons lesers kortliks oor jouself, waar jy gebore is ens.

Ek is gebore in Pretoria, maar het groot geword in die Vrystaat in ‘n klein dorpe genaamd Senekal. Ons het daar gebly tot die einde van my laerskool dae, en toe verhuis na Tzaneen in Limpopo, waar ek Hoërskool voltooi het. Ek studeer tans Rekenaars Ingenieurswese by Tuks in Pretoria.

Wat het jy na Matriek gedoen?

Ek het direk Tuks toe gekom om te kom studeer. So swottings het my lekker besig gehou in die dae van lockdown net na my matriekjaar.

Wat doen jy behalwe musiek?

Die meeste van my tyd gaan in my studies in, musiek is eintlik maar die ding wat op die kant gebeur. So as ek nie besig is om kitaar te speel nie, is ek heelmoontlik besig om aan ‘n prakties te werk vir Universiteit.

Vertel my van jou nuutse enkelsnit?

Ek het Skryf op hoërskool geskryf. Dit vertel maar die storie van twee mense wat nie lekker hulle plek in die lewe gevind het nie, maar die oomblik wat hulle mekaar opspoor begin dinge so bietjie meer sin te maak. Ek is super opgewonde dat mense die liedjie kan hoor, en sien baie uit om dit live vir mense te speel.

Skryf jy self jou liedjies?

Ja nee ek skryf al my musiek en woorde self. Ek is baie lief vir die skryfproses en sal graag meer liedjies wil skryf sodra eksamens agter die rug is.

Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?

My persoonlike gunsteling op die EP dink ek is Heuning. Dis ‘n baie eenvoudige opname gewees met min instrumente, so die liedjie het hierdie eenvoudige warm klank waarvan ek baie hou.

Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing?

Ek verkies dit verseker om Afrikaans te sing. Aangesien ek in die Vrystaat grootgeword het is my Engelse aksent nou nie die beste ooit nie, so Afrikaans sing vir my baie lekkerder.

Enige stokperdjies?

Nee kitaar speel is die groot stokperdjie (of wel, eintlik enige vorm van musiek maak). Dis maar my hoof manier om te ontspan tussen al die leerwerk. Ek weet nie of ‘n middagslapie tel as ‘n stokperdjie nie, maar dis kort op “kitaar speel” se hakke.

Wat is jou musiek genre?

Ek sou sê ek neig maar baie na ‘n “folk singer-songwriter” genre toe, ek is baie lief vir die akoestiese klank.

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Taylor Swift was laasjaar een van my most listened artists met haar Midnights Album. Nee ek is nie skaam daaroor nie.

Wat inspireer jou?

Enige mooi bewoording vir alledaagse gebeurtenisse is vir my inspirerend. Dis vir my altyd lekker om te sien hoe kunstenaars die mooi in klein goedjies kan vasvang.

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?

The Milk Carton Kids. Hulle harmonieë is uitstekend, so om ‘n 3de stem daar te wees sou ‘n voorreg wees.

Watse raad sal jy iemand gee wat nou in jou bedryf wil begin?

Skryf baie liedjies en speel hulle vir soveel as moontlik mense, jy sal vining kan agterkom wat werk en wat werk nie. Kry ook vir jou ‘n Goeie span mense om jou te help met die musiek vrystelling, dis baie admin as jy nie weet wat jy doen nie (soos ek).

Enige snaakste of benoude oomblikke tydens konserte?

‘n Ou in die gehoor het eendag so snaakse grappie uitgeskree tussen liedjies, dat ek die woorde van die volgende liedjie vergeet het. Dan is dit maar tyd om kreatief te raak en nuwe woorde uit te mompel.

Wat is op jou emmerskoplys? (Bucket List)

Ek sal graag deur Suid Afrika wil reis en die mooi plekke in ons land wil sien. As ek vir mense kan musiek maak terwyl ek dit doen is dit ‘n groot bonus.

Wanneer verjaar jy?

Die 4de Januarie.

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Baie, baie harde musiek. Mens moet net gemaklik kan luister.
Awkward gesprekke waar mens nie lekker weet wat om te sê nie.
Mense wat nie hulle tabs op hulle internet browsers toe maak nie.
Flieks wat nie ‘n Goeie storielyn het nie, ek wil nie net karre sien ontplof nie.

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek

Folk musiek

Sangers

Tallest Man On Earth

Band

Dawes

Gunsteling liedjie

Ek het nie ‘n all-time favourite nie (daar’s te veel liedjies daarvoor), maar op die oomblik hou ek baie van Tyler Childers se Shake The Frost.

Rolprent

About Time

Akteurs

Ek kyk nie genoeg TV om ‘n gunsteling akteur uit te sonder nie, maar Aaron Paul was uitstekend in Breaking Bad.

Reeks

Breaking Bad

Kos en drankie

Pizza en koffie. (nie saam nie… Pizza vir aandete, koffie vir later).

Ontspanning

Kitaar speel/middagslapie

Boek

Dana Snyman – Op Die Agterpaaie

Vakansie bestemming

See vakansie, enige dag.

Kleur

Rooi

Waar kan mense jou kry en volg?

Meeste sosiale media, maar ek is meeste aktief op Instagram en Facebook. My musiek is op alle digital platforms beskikbaar, hulle kan net “Thys Nortje” soek.

Die Skryf EP is ‘n versameling van persoonlike liedjies wat Thys oor die jare geskryf het. Die opnamesessies het net ses dae geduur, maar Thys het baie geleer van sy ervaring met Tertius Human in die ateljee.

Thys se talent vir musiek, lirieke en sy eerlike, persoonlike benadering tot sy musiek maak hom ‘n kunstenaar om dop te hou. Sy nuutste enkelsnit, “Skryf”, is ‘n hartroerende en mooi uitdrukking van die krag van liefde en verbondenheid.

Luister die lied hier: https://linktr.ee/thysnortje

Kyk die video hier: https://youtu.be/RhQE8r7Q0Xo

SOSIALE MEDIA

Facebook: https://www.facebook.com/profile.php?id=100092617178482

Instagram: https://www.instagram.com/thysnortje/

PLATEMAATSKAPPY:

Vonk Musiek

Tel: 011 823 1771 / 011 823 1772

Epos: sing@vonk.co.za

Webblad: www.vonkmusiek.co.za

PUBLISITEIT & BEMARKING:   STARBURST PROMOTIONS Danelle Liebenberg Sel: 0715347796 Epos: danelle@starburstmusic.co.za Webblad: www.starburstmusic.co.za    

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →