Olka Bolka het ‘n lekker onderhoud met Swerwer gehad, om meer oor hom uit te vind

Daar is niks lekkerder as ‘n smeulende verhouding nie, maar as daar meer as net vonke is en die een se persoonlikheid petrol op die ander een se vuur is, stuur dinge op ‘n ramp af. Dit is daar waar jy moet besluit of dit verby is voor iemand se vingers verbrand word. Dit is die tema wat vasgevang word in musikant, Swerwer se nuwe enkelsnit, Verby.

Swerwer, oftewel José Bezuidenhoud het groot geword in Pretoria Wes, hy was ‘n belhamel wat skool geslip het en al die dinge gedoen het wat jy net in Boys Town sal vind. Op ‘n keer moes hy met die skool praat om te sien of hulle hom nie sou skors nie vertel Swerwer. Sy ma het vir hom gese dat hy daardie dag die disiplinere verhoor moet bywoon en as hy klaar is daar kan hy sy kitaar gaan haal wat sy vir hom op laybug gekoop het, hy was toe net 14 jaar oud.

Olka Bolka se onderhoud met Swerwer:

Vertel ons lesers kortliks oor jouself, waar jy gebore is ens.

Ek kom van die weste van Pretoria af ek is al lief vir musiek van jongs af en het later 2 jaar lank die land vol getoer met my musiek sonder huis of kar.

Wat het jy na Matriek gedoen?

Ek het vroeg skool gelos en maar enige werk wat ek kon doen aangepak.

Wat doen jy behalwe musiek?

Ek doen alleenlik musiek.

Vertel my van jou nuutse enkelsnit?

Verby gaan oor liefde wat lelik gedraai en hoe dit belangrik is om dit met liefde in jou hart baai te se.

Skryf jy self jou liedjies?

Ja ek doen.

Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?

Elke een is soos n kind en ek is lief vir almal.

Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing?

Beide

Enige stokperdjies?

Speel darts en lees

Wat is jou musiek genre?

Ek skryf baie en dit hang af van die gevoel van die lied.

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek glo in Jesus

Wat inspireer jou?

Stories en ervaringe tans

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?

Eddie Vedder hys een van my helde.

Watse raad sal jy iemand gee wat nou in jou bedryf wil begin?

Werk hard en hou aan die musiek eerste sit.

Enige snaakste of benoude oomblikke tydens konserte?

By n konsert in Ponta de Ora het voor my in die gehoor meeste van my helde gesit( baie van die bands wat ek op TUKS fm geluister het toe ek n tiener was.) dit was die benoudste show ooit vir my.

Wat is op jou emmerskoplys? (Bucket List)

Ek will nog n hele paar lande gaan reis

Ek sal graag n boek will skryf een dag.

My Ma n huis koop.

Wanneer verjaar jy?

19 Desember.

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Politiek

Griep lol 😂

Binge watching series

Ongeskukte mense.

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek

Ek is lief vir alles rerig van Bach en die manne reguit deur na gangster rap .

En alles in die middel

Sangers

Eddy Vedder, Adam Durts ,Johannes Kerkorrel en Lukas Maree kom nou kop toe.

Band

Hoe lank is n stuk tou?

Gunsteling liedjie

Op die oomblik is dit Desire van Meg Meyers

Rolprent

Sjoe daai is moeilik. Ek sal julle moet laat weet .

Akteurs

Samuel L Jackson

Reeks

Californication

Kos en drankie

Enige iets wat met liefde gemaak is

Bier en tequila

Ontspanning

Rond ry

Boek

Enige goeie Autobiography

Vakansie bestemming

Dis Suid Africa ons het so baie

Kleur

Blou

Waar kan mense jou kry en volg?

Facebook , Instagram en TiKToK

PLATEMAATSKAPPY:

Vonk Musiek

Tel: 011 823 1771 / 011 823 1772

Epos: sing@vonk.co.zaWebblad:www.vonkmusiek.co.za

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOTIONS

Danelle Liebenberg

Sel: 0715347796

Epos: danelle@starburstmusic.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →