TAKE THAT-GEÏNSPIREERDE ROLPRENT VIER VRIENDSKAP EN BEWONDERAARS 

Musiek het nie net die vermoë om ons emosies, drome en verlange vas te vang nie, maar kan ons ook wegvoer na en verbind met verskillende plekke, mense en gebeurtenisse. Dit is die hooftema van die nuwe musiekfilm, GREATEST DAYS.

Dit vertel die verhaal van vyf skoolvriende wat die aand van hul lewe het tydens ’n konsert van hulle gunsteling-musiekgroep. Die 16-jarige Rachel (Lara McDonnell) en haar vier beste vriendinne – Debbie (Jessie Mae Alonzo), Claire (Carragon Guest), Zoe (Nandi Hudson) en Heather (Eliza Dobson), wat in 1993 in Lancashire grootword, verafgod dié musiekgroep en skakel elke week in om hulle op Top Of The Pops te sien. 

AB1_9835.NEF

Wanneer sy angstig of ontsteld voel, nooi Rachel selfs The Boys – gespeel deur Aaron Bryan, Dalvin Sol, Joshua Jung, Mark Samaras en Mervin Noronha – uit haar verbeelding in haar werklikheid in. Wanneer hulle verskyn, word die wêreld om haar lewendig, wat die alledaagse in iets magies verander. Hulle liedjies word gebruik om die eentonigheid en teleurstellings van kindwees te demp, soos wat die ouens uit kaste en in refleksies verskyn om konstant denkbeeldige geselskap aan Rachel en haar vriende te bied.

25-jaar later, wen Rachel (nou vertolk deur Aisling Bea) ’n radio-kompetisie om The Boys se reünie-toer in Griekeland by te woon. Sy besluit om haar ou tienervriendinne, met wie sy jare laas kontak gehad het, op te soek en nooi die hedendaagse Claire (Jayde Adams), Zoe (Amaka Okafor) en Heather (Alice Lowe) saam konsert toe.

Die storie spring rond tussen 1996, toe die meisies se vriendskap en bewondering vir die groep die sterkste was, en die hede in Athene, waar die vier vroue sukkel om aanklank by mekaar te vind omdat hulle mekaar nie meer ken nie.

Planne vir die film is oorspronklik aangekondig deur die Take That-lede Gary Barlow, Mark Owen en Howard Donald na die sukses van hul West End-musiekblyspel, The Band. Dié Britse poplegendes wat meer as 14 miljoen albums verkoop het, in ’n loopbaan wat oor 33 jaar, 28 top 40-enkelsnitte en agt Brit-musiektoekennings en ’n magdom ander prestasies strek, was egter duidelik daaroor dat dit nie oor hulle gaan nie, maar eerder oor diegene wat uiteindelik verantwoordelik was vir hul sukses – hulle bewonderaars. Die groep, wat onlangs ’n liedjie getiteld Greatest Day saam met Calum Scott by die kroningseremonie van koning Charles opgevoer het, het nou saamgewerk met die kreatiewe span agter hierdie produksie, omdat dit ’n vars aanslag bied op hulle musiek. Hulle maak ook ’n verskyning in die prent.

Coky Giedroyc, die multi-BAFTA-bekroonde regisseur, was aan die stuur van hierdie projek. GREATEST DAYS is ’n fliek oor baie dinge. Dit gaan oor die lewe, liefde en verlies; hoe die vriende en herinneringe wat ons as tieners maak ons altyd sal bybly. Dis ’n liefdesbrief oor vriendskap,” sê sy.

“Dis ook ’n fliek oor musiek. Spesifiek oor die vermoë wat dit het om, ongeag van waar ons is in die lewe, ons terug te vat na die eerste keer wat ons ’n spesifieke liedjie gehoor het. Die oomblik toe dit ons harte vir die eerste keer aangeraak het. Hierdie film herinner ons dat ons nie moet vergeet van die persoon wat ons in daardie oomblik was nie en ook nie van die persoon wat ons nog kan word nie.”

Skrywer, Tim Firth, beaam dit: “Die rolprent gaan nie oor die musiekgroep, Take That, nie. Dit gaan nie eers spesifiek oor hulle liedjies nie. Dit gaan oor musiek. Oor hoe dit op ’n tydstip in jou lewe alles geabsorbeer het. Jou liefde, jou verliese, jou konflik. Die dinge wat jou gevorm het.” 

Die ongelooflike musiektonele in GREATES DAYS is herskep en deur die bekroonde choreograaf, Drew McOnie, gechoreografeer tot vars en opwindende weergawes van Take That se grootste treffers. “Die musiek van Take That is diep verweef in die identiteit van hierdie film; die optimisme, die drome, die empatie, die sensualiteit en die fisiese uitwerking van die ritme op die liggaam wat soos bloed daardeur vloei. Alhoewel dit nie oor hulle gaan nie, gaan dit oor die gevoel wat jy gekry het toe jy daardie musiek vir die eerste keer gehoor het en hoe dit jou lewe beïnvloed het.”

GREATEST DAYS is ’n hartroerende rolprent wat handel oor die universele temas van vriendskap, bewondering, verlies en versoening. Volgens Firth is die titel gekies om kykers te herinner dat dit wat ons eens op ’n tyd gelukkig gemaak het, ons steeds kan help om onsself weer te vind, en dat ons baie by ons jonger self kan leer. “Dit is ’n film oor die verlede en die toekoms en hoe die twee ineenvleg. Dit gaan ook oor die krag van musiek en vriendskap en die mense wat die manier waarop ons oor die wêreld dink verander het,” sluit hy af.

GREATEST DAYS word plaaslik versprei deur Filmfinity (Pty) Ltd. En begin op 16 Junie 2023 in bioskope wys.

Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=GyD21bmq7HM

SOSIALEMEDIASKAKELS

FILMFINITY

Facebook: https://www.facebook.com/TeamFinityZA/

Twitter: @TeamFinityZA

Instagram: @teamfinityza

PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promosies

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webwerf: www.starburstmusic.co.za

Vriendelike groete,

STARBURST PROMOTIONS
Alani Coetsee – PUBLICIST

www.starburstmusic.co.za | alani@starburstmusic.co.za | 072 442 6918

More photos out of the movie

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →