MARIETJIE DU PLESSIS KRUIP IN DIE HARTE IN VAN LUISTERAARS MET HAAR NUWE ENKELSNIT

‘n Mens is nooit te oud om te droom nie.  Leef elke dag voluit!

Marietjie Du Plessis stel haar eerste digitale enkelsnit vry met die naam “Hartsgalery”. Hierdie liefdeslief uit die pen van Andre Van Wyngaardt mik daarop om mense aan te raak met die mooi woorde. Die lied dra die pragtige storie oor van twee geliefdes. ‘n Mens dink aan die persoon vir wie jy lief is en vir wie jy soveel mooi herinneringe in jou hart

koester. Dit is soos ‘n skildery wat jy besig is om te skilder. Dit was net ‘n skoon doek maar soos die liefde sterker word begin die skildery kleur kry totdat dit met goud omraam word.


Vir Marietjie du Plessis van Montana in Pretoria, is die woorde ‘n persoonlike slagspreuk.  “Van my kinderdae af is dit my passie om te sing dans en toneel te speel, maar sang is defnitief my nommer een vertel Marietjie. “Ek het altyd by troues of klein funksies gaan optree, maar na my troue het ek eers kinders groot gemaak maar steeds deeltyds sanglesse geneem. Gedurende my skool dae het ek altyd deelgeneem aan operettes en toneelstukke en het die voorreg altyd gekry om ‘n hoofrol los te slaan waar ek kan sing en dans.”

Marietjie se gesin is egter haar belangrikste.  Ek het n wonderlike man wat my altyd ondersteun, en dit beteken vir my ongelooflik baie se Marietjie. Die ma van 3 kinders ouma van 8 kleinkinders sit egter nie stil nie. Sy volg wat die Hemelse Vader op haar pad sit.

In 2016 voltooi Marietjie haar eerste Drama kursus by Brumilda van Rensburg se Dramaskool. Sy word deel van die musiek blyspel Cinderella in 2018 wat plaasvind by die Klein Unisa Teater in Pretoria.

Sy geniet dit baie om op te tree by aftree oorde, ouetehuise, damesfunksies en kerke.

Marietjie is ongelooflik dankbaar teenoor die Hemelse Varder vir al haar talente. Ek dank die Here elke dag vir die talente wat Hy vir my gegee het. Ek wil graag my musiek ten volle om God se naam daardeur uit te dra. 

Die enkelsnit is Nou Beskikbaar op Apple Music, iTunes, Spotify, YouTube, Deezer, Amazon Music en vele meer.

Laai dit gerus hier af: https://dnamusiek.streamlink.to/HartsgaleryMDP

Kyk gerus die musiek video hier: https://youtu.be/z5zNFVaHynk

VOLG MARIETJIE DU PLESSIS NOU OP:

Facebook – https://www.facebook.com/marietjie.dpl

VIR MEER INLIGTING OOR DIE ENKELSNIT / KUNSTENAAR / ONDERHOUDE, KONTAK

DNA Musiek

dna.musiek@gmail.com

061 415 7737 | 081 804 6670

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →