Anton Fitchat het geen bekendstelling nodig nie. Anton stel ‘n sokkie treffer “Boerejol in Afrikaans” vry. Die liedjie gaan beslis alle ouderdoms groepe se voete laat jeuk om te wil dans. Boerejol in Afrikaans is geskryf deur Anton Fitchat en dis in die taal wat Anton baie na aan die hart le Afrikaans.

Anton is al van skooldae af versot op musiek en glo dat sy passie amptelik gevorm is gedurende sy koorjare op laerskool en na skool toe hy ‘n talent kompetisie gewen het en daarna sy droom begin najaag het.
Saam met die wonderlike videograaf van XrossBeat Media, Eon de Bruin,was die musiek video was groot pret om aan te werk. “Ons het baie lekker gelag en ek dink alle Suid-Afrikaners sal aanklank by die video vind omdat daar talle tradisionele elemente soos boeresporte, braai, lekker dans en talle meer in die enkelsnit uitgebeeld word.” vertel Anton.
Anton is al sedert 2009 in die musiekbedryf en het al verskeie hoogtepunte in sy loopbaan bereik, waaronder ’n Melomaan Musiek toekenning vir “Duet van die Jaar” saam met sangeres Betty Jean in 2021, asook ’n “Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaarstoekenning” vir komedie liedjie “Die Virus” in dieselfde jaar.
In 2022 het Fitchat weer by Melomaan Musiek weggestap met die toekenning vir die “Beste Kinderliedjie” van die jaar vir die liedjie “Rooikappie”. Ook in 2022 het hy saam met sy medeskrywer en goeie vriend, Dwayne Griffin, ‘n toekenning ontvang by die “Afri-Indie Onafhanklike Musiek Toekennings”, vir die beste liedjie in die kategorie “Groot Groep van die Jaar” vir die temalied van “Staan Sterk in Afrikaans”
2023 is sover ‘n wonderlike jaar vir Anton Fitchat wat onder andere die volgende insluit.
· Dit was die derde jaar van sy breinkind, “Staan sterk in Afrikaans”, wat onafhanklike sangers die geleentheid bied om uiting te gee aan hulle liefde vir Afrikaanse musiek.
· Hy wen ‘n toekenning by die “Melomaan Toekennings” vir sy snitte “Boerejol in Afrikaans” asook vir die liedjie “Liggaampyn” saam met Shenley Pretorius en
· Hy het die geleentheid gekry om by plekke op te tree waar hy nog nooit voorheen was nie.
Die res van 2023 hou nog meer opwinding vir Anton in met ‘n paar wonderlike duette wat vrygestel gaan word en sy optrede by die Aarbeifees van 1-2 September.
Die musikant is versot op humoristiese en Afrikaanse musiek en vind aanklank by sangers soos Juanita du Plessis, Manie Jackson, Sorina Erasmus (Die Flooze) Patricia Lewis, Saarkie, Lianie May, Samantha Leonard, Corlea in Suid-Afrika.
Ander kunstenaar na wie Anton op kyk is Celine Dion, Cher, Steps, Aqua en Vengaboys.
Wanneer hy nie op die verhoog is nie, werk is hy as ‘n bemarkingsbestuurder en grafiese ontwerper aangesien Fitchat op verskeie maniere uiting aan sy kreatiwiteit wil gee.
Van die grootste lesse wat hy in die musiekbedryf oor die jare geleer het is om altyd nederig te bly en outentiek te wees, en hy het dit beslis ter harte geneem.
Die liedjie en musiek video is amptelik beskikbaar 30 Junie 2023 op Apple Music, iTunes, Spotify, YouTube, Deezer, Amazon Music en meer.
Laai dit gerus hier af: https://dnamusiek.streamlink.to/BoerejolInAfrikaansAF
Kyk nou die musiek video: https://youtu.be/n2h05xFe-jY
Facebook – https://www.facebook.com/AntonFitchat
Instagram – http://www.instagram.com/fitchatanton
YouTube – https://www.youtube.com/channel/UCjpc94XVgo1BNBpoTWKc6Lg
Webblad – www.antonfitchat.co.za
VIR MEER INLIGTING OOR DIE ENKELSNIT / KUNSTENAAR / ONDERHOUDE, KONTAK:
DNA Musiek
061 415 7737 | 081 804 6670
