PJ en Geo Botha, finansiële kenners en bekende medeaanbieders van kykNET se gewilde program, Welvaartskeppers, se eerste boek, Word Ryk, Bly Ryk tref tans die boekrakke van alle goeie boekwinkels landswyd en is ook nou aanlyn beskikbaar. In hierdie insiggewende boek leer hulle gewone Suid-Afrikaners om geld te maak in ’n uitdagende omgewing en dit te laat groei.

Foto Krediet: Willie Botes
Die skrywers se maklik verstaanbare, kundige finansiële advies, gemik op die kweek van goeie gewoontes, rig jou fokus en ondersteun jou op jou welvaartreis en boonop skryf hulle dat jy ook nie noodwendig jou eie besigheid hoef te begin om welvaart te skep nie. Alles gaan oor jou denkwyse rondom geld en jy besef baie vinnig dat welvaart oor méér as net geld gaan. Indien jy wel ’n eie besigheid het, laat hierdie boek jou vinnig besef hoe groot jou verantwoordelikheid is en beklemtoon hulle net weer hoe belangrik dit vir jou is om na jou kliënte te luister en jou werknemers soos goud te behandel.
Elke huisgesin behoort te belê in ’n boek soos hierdie wat nie slegs finansieel georiënteerd is nie, maar benadruk dat jou selfvertroue, nederigheid en geloof in jouself ’n reuse-rol in jou finansies speel. Geo en PJ glo dat een van die groot foute wat families maak met betrekking tot geld is om nie daaroor te praat nie. “Deur kinders van jongs af by geldsake te betrek en aan hulle te verduidelik hoe ’n begroting werk, leer hulle hoe om met die finansiële aspek om te gaan”, sê PJ. Geo beaam dit: “My Pa het ons van kleins af deelgemaak van gesprekke oor geld en dit het verseker ’n reuse-impak op ons lewens gemaak.”


Suksesvolle aftrede, pensioen, beleggings, trusts, testamente en hoe om die nalatenskap wat jy wil vestig te bepaal, word ook in hierdie uitstekende boek bespreek.
Hierdie is beslis ’n boek wat jy jou eie kan maak, waarin jy die strategieë kan soek waarby jy aanklank vind en beheer kan neem oor jou finansiële toekoms.
Geo is die strategiese dromer en geïnteresseerd in die sielkunde van besluitneming. Tans woon hy in Stellenbosch saam met sy vrou en babaseun. Die egpaar is ywerige drawwers en fietsryers en neem dikwels aan driekamp deel. Hulle geniet dit ook om plaaslik en internasionaal te reis. Omdat hy altyd homself, op ’n persoonlike en professionele vlak wil verbeter, hou Geo daarvan om biografieë en selfhelpboeke te lees en, as kosliefhebber hou hy daarvan om tuis te kook of om nuwe restaurante te probeer.

GEO BOTHA
Geo Botha is ’n gesertifiseerde finansiële beplanner, direkteur van Bovest Wealth Management, aanbieder en medevervaardiger van kykNET se Welvaartskeppers, skrywer, aanbieder van ’n gewilde podsending en realis.
Hy het in Pretoria grootgeword, waar hy uiteindelik aan Hoërskool Waterkloof matrikuleer en sy BCom-graad in interne ouditkunde verwerf het aan die Universiteit van Pretoria. Daarna het hy sy honneursgraad deur Unisa voltooi, gevolg deur ’n nagraadse diploma in finansiële beplanning aan die Universiteit van die Vrystaat.
Nadat hy Robert Kiyosaki se Rich Dad, Poor Dad gelees het, terwyl hy besig was met sy honneurs, het hy besluit om ’n loopbaan in verkope te volg. Dit was tydens sy tyd by Momentum, waar hy verantwoordelik was om nuwe kliënte aan pensioenfondsvoordele bekend te stel, dat hy die geweldige impak van goeie finansiële advies op mense se lewens besef het. Hy is in 2013 en 2014 as beste konsultant binne die maatskappy aangewys.
Ten spyte van sy suksesse het Geo gou besef dat hy nie in die korporatiewe omgewing wou werk nie, aangesien dit sy kreatiwiteit belemmer het. In 2015 het hy by sy pa, Riaan, en broer, PJ, aangesluit by Bovest Wealth Management, ’n finansiële konsultasiebesigheid wat sy pa in (jaar) begin het.
Die trio het gereeld die strategieë en prosesse bespreek wat deur suksesvolle kliënte oor verskeie industrieë gevolg word en, met die besef dat hierdie kennis die moeite werd is om te deel, het hulle in 2020 ’n boek getiteld Welvaartskeppers, met Riaan as hoofskrywer, vrygestel.
Ná die vrystelling van die boek het hulle verplig gevoel om dit wat hulle geleer het met ’n groter gehoor te deel en het ’n idee vir ’n reeks aan kykNET voorgelê. Dit het gelei tot die ontstaan van Welvaartskeppers, ’n program wat daarop gemik is om kykers in staat te stel om waarde te vind en rykdom te skep. Hulle werk tans aan die tweede seisoen van die program, wat wenke en idees van suksesvolle mense, asook praktiese raad sal insluit.
Die Bothas stel ook binnekort nog ’n boek vry. Die vrystelling word beplan vir Julie 2023, spog met die titel Die Welvaart Siklus/Jou Welvaart Reis, en sal fokus op die vier fases van die welvaartsiklus in die lewe.
Geo is passievol oor goeie dienslewering en as finansiële adviseur glo hy dat dit sy verantwoordelikheid is om nie net sy kliënte se welvaart te bestuur nie, maar ook om hulle te leer ken en hul omstandighede te verstaan om die beste moontlike uitkomste te bereik.
Aangesien hy reeds sedert die ouderdom van 22 in die bedryf werk, het hy ’n stewige grondslag en begrip van finansiële bestuur. As sodanig is sy doelwit om mense anders oor geld te laat dink, om hulle aan te moedig om daaroor te dink en daaroor te praat, en om dit lekker te maak om oor finansies te leer.
Die finansiële bedryf is nie sonder uitdagings nie en Geo moes innoverende maniere vind om struikelblokke gedurende sy loopbaan te oorkom. Hy is ook deeglik bewus van die emosionele en sielkundige aspek van finansies en is trots daarop dat hy sy kennis en kundigheid gebruik om kliënte effektief te lei en raad te gee oor die neem van die beste moontlike besluite, selfs te midde van markonrus, aangesien een swak besluit jare se harde werk kan vernietig.
Sy loopbaanhoogtepunte tot op hede sluit in die suksesvolle bestuur van ’n besigheid saam met sy pa en broer, die verhuising na die Wes-Kaap en die vestiging van Bovest-kantore daar, en om te sien hoe hul harde werk vrugte afwerp tydens die eerste seisoen van Welvaartskeppers.
Benewens sy rol as adviseur, beteken Geo se posisie as direkteur dat hy verantwoordelik is vir die bemarking- en verkoopskant van die onderneming. In ooreenstemming hiermee beplan hy om sy fokus te rig op die nuwe seisoen van Welvaartskeppers, asook die nuwe boek, terwyl hy die besigheid in 2023 uitbrei.
Geo het twee rolmodelle – sy suster wie se positiwiteit en passie vir die lewe, ondanks die feit dat sy op ’n jong ouderdom verlam is, aansteeklik is; en sy pa, wie se geduld en werksetiek vir hom as voorbeeld en daaglikse inspirasie dien. Hy volg ook sy pa se raad wanneer dit by besigheid kom – as jy jou kliënte se behoeftes ter harte neem, sal die geld en groei natuurlik volg.
Tans woon hy in Stellenbosch saam met sy vrou en babaseun. Die egpaar is ywerige drawwers en fietsryers en neem dikwels aan driekamp deel. Hulle geniet dit ook om plaaslik en internasionaal te reis. Omdat hy altyd homself, op ’n persoonlike en professionele vlak wil verbeter, hou Geo daarvan om biografieë en selfhelpboeke te lees en, as kosliefhebber, hou hy daarvan om tuis te kook of om nuwe restaurante te probeer.

PJ is die analitiese denker wat fokus op die tegniese aspekte van finansies. Hy woon in Pretoria saam met sy vrou en twee kinders. Hy geniet dit om gholf te speel, asook om te reis en afgeleë plekke saam met sy gesin te verken. Sy toekomsplanne sluit in om homself konstant op ’n persoonlike en professionele vlak te verbeter en waarde toe te voeg tot sy kliënte se lewens.

PJ BOTHA
PJ Botha is ’n gesertifiseerde finansiële beplanner, direkteur by Bovest Wealth Management, aanbieder en medevervaardiger van kykNET se Welvaartskeppers, skrywer, podgooi-aanbieder en realis.
Hy is in Kroonstad gebore, maar het in Pretoria grootgeword waar hy aan Hoërskool Waterkloof gematrikuleer en sy BCom-graad in rekeningkunde aan die Universiteit van Pretoria verwerf het. Hy het sy honneursgraad deur Unisa gedoen en ’n diploma in finansiële beplanning aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi.
Op skool het hy besef dat hy ’n natuurlike talent vir wiskunde en rekeningkunde het en daarom besluit om ’n loopbaan in finansies te volg. Nadat hy die nodige ondervinding as klerk opgedoen het, het hy in 2013 by die familiebesigheid, Bovest Wealth Management, aangesluit. Hy is tans die hoof van die maatskappy se beleggingsafdeling.
By die werk het PJ, sy pa Riaan en broer Geo gereeld die strategieë en prosesse bespreek wat deur suksesvolle kliënte in verskeie industrieë gevolg word en, met die besef dat hierdie kennis die moeite werd is om te deel, het hulle in 2020 ’n boek genaamd Welvaartskeppers, met Riaan as hoofskrywer, vrygestel.
Ná die vrystelling van die boek het hulle verplig gevoel om dit wat hulle geleer het met ’n groter gehoor te deel en het Geo ’n idee vir ’n reeks aan kykNET voorgelê. Dit het gelei tot die ontstaan van Welvaartskeppers, waarvan PJ mede-vervaardiger en -aanbieder is. Dis ’n program wat daarop gemik is om kykers in staat te stel om waarde te vind en rykdom te skep.
Die broers werk tans aan die tweede seisoen van die program, wat wenke en idees van suksesvolle mense en praktiese raad sal insluit, en stel ook binnekort nog ’n boek vry. Die vrystelling word beplan vir Julie 2023, spog met die titel Die Welvaart Siklus/Jou Welvaart Reis, en sal fokus op die vier fases van die welvaartsiklus in die lewe.
Aanpasbaarheid is een van PJ se sterkpunte en daarom dra hy soveel verskillende hoede wanneer dit by sy loopbaan kom – as direkteur hou hy toesig oor Bovest se finansies en voortgesette groei; as adviseur sorg hy vir bestaande kliënte en lei hy hulle om die beste moontlike besluite te neem; en as ’n bedryfskenner is hy verantwoordelik vir die bestuur van kliëntefondse en -portefeuljes, terwyl hy ander adviseurs ondersteun.
Omdat hy ’n analitiese en strategiese denker is, is hy passievol oor prosesse en stelsels en soek hy voortdurend innoverende maniere om die besigheid te verbeter. Sy loopbaanhoogtepunte tot op hede sluit in om ’n geoktrooieerde rekenmeester en gesertifiseerde finansiële beplanner te word, en om die groei van die familiebesigheid suksesvol aan te dryf – oor die afgelope dekade was hy instrumenteel in die skep van prosesse en praktyke wat Bovest gehelp het om te groei van ’n eenmansaak tot ’n mediumgrootte onderneming.
PJ glo vas dat om ander te help die sleutel tot persoonlike sukses is en is trots daarop dat hy waarde tot sy kliënte se lewens kan voeg deur duidelikheid oor hul finansies te bied en hulle te help om hul doelwitte te bereik. Alhoewel hy geïnspireer word deur mense soos Peter Mallouk van Creative Planning en Ron Carson van Carson Wealth, is sy rolmodel sy pa, wat nie net gemaklik is in sy eie vel nie, maar dit nog altyd kon regkry om sy werks- en gesinslewe te balanseer. Boonop glo hy ook dat sy pa se goeie omgee-hart die geheim is agter Bovest se sukses.
Omdat hy geneig is om besluite te oordink, is die beste besigheidsraad wat hy nog ooit gekry het om nie so ver vooruit te dink en beplan nie, maar om op die hede te fokus en sy beste te doen in die oomblik waarin hy homself bevind.
PJ woon in Pretoria saam met sy vrou en twee kinders. Hy geniet dit om gholf te speel, asook om te reis en afgeleë plekke saam met sy gesin te verken. Sy toekomsplanne sluit in om homself konstant op ’n persoonlik en professionele vlak te verbeter en waarde toe te voeg tot sy kliënte se lewens.
Word Ryk, Bly Ryk is nou beskikbaar in alle goeie boekwinkels en aanlyn hier:
https://lapa.co.za/word-ryk-bly-ryk
https://www.graffitiboeke.co.za/en/389801/Books
SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/bothawealth?mibextid=ZbWKwL
Instagram: https://instagram.com/geobotha?igshid=MzRlODBiNWFlZA==
Twitter: https://twitter.com/pjbotha1?t=yTlWbV25ZnDWi2Cofv6Whg&s=09
ISBN: 978 1 77639 094 6 | PRYS: R250.00 | KATEGORIE: Persoonlike finansies
Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webwerf: www.starburstmusic.co.za
Vriendelike groete,
STARBURST PROMOTIONS
Alani Coetsee – PUBLICIST
www.starburstmusic.co.za | alani@starburstmusic.co.za | 072 442 6918
