Musiek is ’n universele taal en vir baie mense is lofprysing sinoniem met sing. Daar is egter steeds min lofprysings- en aanbiddingsmusiek beskikbaar wat werklik opgewek en vreugdevol is. Dit is iets wat die sanger en liedjieskrywer, Arnold de Wet, graag wil verander met sy nuutste enkelsnit.

PRAISING JESUS is ’n opgewekte lofprysings- en aanbiddingslied uit die pen van Arnold, Johan Vorster en Jacomien de Wet en is geïnspireer deur ’n liedjie van Ron Kenoly, Can’t Stop Praisin’. “Baie van die liedjies wat tans in die kerk gesing word is stadig en hartseer. Ons wou opgewekte musiek, vol geluk en vreugde, skep wat mense fisies en geestelik sal oplig en verryk,” verduidelik Arnold. Buiten vir die opbouende lirieke, sluit hierdie besonderse snit ook trompet- en vioolmusiek in deur Mathys Maree, wat bydra tot die besonderse gevoel waarmee die boodskap oorgedra word.
Omdat die doel van die lied is om mense te verenig, is die musiekvideo vir PRAISING JESUS, ’n opname van ’n lewendige lofprysingsgeleentheid. Dit is deur Gerhard van Rooyen vervaardig. “Ons wou graag ’n lewendige aanbiddingsessie opgeneem het. So ons het ’n klomp van die beste sangers en musikante in die land genooi om deel te wees van die video,” vertel hy. “Ons het by ’n teater in Pretoria ontmoet en die Here saam aanbid. Die eindresultaat is ongelooflik.”
Kyk die video hier: https://youtu.be/p-o69wyjpEg
PRAISING JESUS volg in die suksesvolle voetspore van El Shaddai en This Is Who I Am Without You, wat beide ongelooflik goed ontvang is.
Hierdie lied vorm deel van Arnold se komende album, EIGHT28, wat verwys na die gedeelte in Romans 8:28: “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” Die album word vroeg in Augustus vrygestel.
Arnold het in Hartbeespoortdam grootgeword en is die seun van die bekend sanger, Jan de Wet. As kind, was hy altyd omring deur musikante wat ook sy passie vir musiek laat vlam vat het. Hy het meer as twee dekades gelede die musiekmark betree met die vrystelling van ’n album, waarna hy vir sewentien jaar sy musiekdroom opsy geskuif het. Dit het eers onlangs weer vlam gevat en na die opname van sy vorige enkelsnit, Run, het sy paaie met die van Inhoud Huis Musiek gekruis en het hulle hom genader om deel te wees van hulle nuwe aanbiddingsplatform, The Shelter.
Buiten daarvoor om die nuwe album te finaliseer, beplan die musikant om soveel as moontlik op te tree en groot lofprysings- en aanbiddingsgeleenthede te reël.
“Suid-Afrika is vol wonderlike mense wat God liefhet en aanbid. Deur opbouende musiek, soos PRAISING JESUS, te skep wil ons ’n vuurtjie aansteek wat vreugde versprei en mense bemoedig. Soos wat ons aanhou sing en loof, glo ons dat hierdie vlammetjie sal groter word en soos ’n veldbrand deur die wêreld sal versprei,” sluit hy af.
PRAISING JESUS is nou beskikbaar op alle stromingsplatforms. Kry dit hier:
https://arnolddewet.lnk.to/PraisingJesus
SOSIALEMEDIASKAKELS
ARNOLD DE WET
Facebook: https://www.facebook.com/Arnolddewetmusic
Instagram: @arnolddewetmusic
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCIH3t_e4rNoRbOaeMywpw2w
THE SHELTER
Facebook: https://www.facebook.com/theshelterlabel
Instagram: @theshelterlabel_PUBLISITEIT EN BEMARKING
Starburst Promosies
Alani Coetsee
Sel: 072 442 6918
E-pos:alani@starburstmusic.co.za
Webwerf:www.starburstmusic.co.za
