Die Afrikaanse Taalmonument bied heerlike projekte aan oor die volgende paar maande.

Dis die laaste wintermaand, maar die ATM bied kursusse en geleenthede wat jou hart enige tyd van die jaar warm laat klop.  Naas die nuusbrief wat ons afgelope gebeure opsom, sien ons ook daarna uit om weer met ons piekniekreeks in die lente weg te spring. Hou dus ons webtuiste en sosiale media dop! 

Fassinerede gesprek en heerlike ete op 18 Augustus 2023 ter viering van Taaldag. RSVP teen 13 Augustus via opvoeding@taalmuseum.co.za of 021 872 3441
http://www.taalmuseum.co.za/kom-vier-taalmaand-met-ons/

Vir die wat wens dat hulle onvergeetlike oomblikke en tonele pragtiger kan verewig, bied die ATM op 2 September en 7 Oktober 2023 (Saterdae) weer twee werkswinkels met fotografie-afrigter Peter Haarhoff aan.
http://www.taalmuseum.co.za/fantastiese-fotos-net-n-kiek-en-n-klik-weg-2/

Kort op die hakke van ʼn hoogs suksesvolle inleidende kursus oor die herstel van boeke, bied die ATM in die Paarl weer ʼn kursus – met die kollig op gevorderde tegnieke soos leerbind- en bladgoudwerk – vanaf 2 tot 4 Oktober 2023 aan.
http://www.taalmuseum.co.za/kursus-sal-nog-boekdele-spreek-oor-herstelwerk-2/

Die gevorderde dagkursus is op 7 Oktober en is ideaal vir deelnemers wat ʼn beginnerskursus voltooi het of ʼn goeie begrip van sluiterspoed, diafragma en ISO-instellings het, en gemaklik voel om foto`s in die handmatige modus te neem. 
http://www.taalmuseum.co.za/fantastiese-fotos-net-n-kiek-en-n-klik-weg-2/

Die Afrikaanse Taalmuseum en monument (ATM) is in November die gasheer vir seker een van die grootste gospelkonserte ooit met onder andere Jonathan Rubain van Koortjies-faam en 18 ander sangers en groepe. In samewerking met Marco Mentoor en Chadleigh Gowar, beloof hierdie spirituele sang-extravaganza om van Sondag, 26 November 2023, ʼn onvergeetbare middag in die Amfiteater op Paarlberg te maak.
http://www.taalmuseum.co.za/gospel-in-jou-tale-met-jonathan-rubain/*

Vir meer inligting oor al die opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument en Taalmuseum, skakel 021 872 3441/863 0543, besoek taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook. Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte. Jaarpermitte kos slegs R120 vir individue of R220 per gesin, wat onbeperkte toegang tot die ATM, bistro en Volmaanpieknieks insluit. Die bistro bied daagliks heerlike kos en pragtige vergesigte; kontak hulle via diesuikerkan.co.za of 082 216 2510.

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →