MAURITIUS, 17 JULIE 2023 – Die Mej. Suid-Afrika 2023-finaliste het ’n merkwaardige reis na Mauritius onderneem en hul besoek aan Long Beach, Sugar Beach, La Pirogue en Ile aux Cerfs-gholfklub is vasgevang in die tweede episode van die tweede reeks van die werklikheidsprogram, Crown Chasers, wat op 16 Julie 2023 op SABC 3 uitgesaai is.

Hierdie ervaring, wat moontlik gemaak is deur World Leisure Holidays en Sunlife, is nie net gebruik om ten toon te stel hoeveel elke deelnemer op ’n persoonlike vlak gegroei het nie, maar ondersoek ook die gees van avontuur en verkenning en wys hoe belangrik die geleentheid is om saam te werk en meer oor ander kulture te leer.
“Om die finaliste te ontvang en te huisves, was heerlik en het perfek gepas by Sunlife Mauritius se ‘Come Alive Collection’, wat gaste nooi om nuwe ervarings te geniet, asook om die energie, moontlikhede, kreatiwiteit en nog baie meer te omhels. Reis gaan oor meer as net ontspanning; dit bevorder persoonlike groei en inspirasie terwyl dit ook ’n mens se horisonne verbreed,” verduidelik mnr. Ramesh Jeenarain, visepresident van verkope by Sunlife Mauritius. “Deur die Mej. Suid-Afrika 2023-finaliste uit te nooi om Mauritius te besoek, was ons doel om die transformerende krag van reis ten toon te stel, nie net vir die finaliste nie, maar vir alle individue wat hul ervaringsveld wil verbreed en die wêreld se skoonheid wil ontdek en geniet.”






Die verwelkomingskomitee vir die Mej. Suid-Afrika 2023-finaliste was indrukwekkend. Tatiana Beauharnais, Mej. Heelal Mauritius 2023, en Vandana Jeetah, die nasionale direkteur vir Mej. Heelal Mauritius, het die finaliste hartlik verwelkom, wat kameraadskap en samewerking tussen die skoonheidskoninginne bevorder het. Verder het mnr. Jeenarain en mnr. Christian Jaquier, hoofbestuurder van Long Beach Mauritius, namens World Leisure Holidays ’n heerlike verwelkomingsete by die spoggerige HASU-restaurant by Long Beach gehou.
Hooggeplaastes en ander gaste sluit in mnr. Matlhaba Mogadingwane, eerste politieke sekretaris by die Suid-Afrikaanse hoëkommissie in Mauritius, mnr. Bilal Adam, voorsitter van die Suid-Afrikaanse kamer van koophandel in Mauritius, voormalige Mej. Suid-Afrika en Heelal Anneline Kriel, en Stephanie Weill, uitvoerende hoof van Mej. Suid-Afrika.




“Hierdie samewerking strek egter verder as net die verfilming van ‘Crown Chasers’,” sê Ingrid Bell, besturende direkteur van Aestetika Studio. “Dit is ’n bewys van ons gedeelde visie vir baanbrekerswerk met nuwe moontlikhede wat ver in die toekoms strek, wat die kollig plaas op die kreatiewe ekonomie as ’n katalisator vir samewerking, kulturele opvoeding en ekonomiese groei tussen Suid-Afrika en Mauritius. Dit is ook ’n uitnodiging vir die streek se verskilmakers om die ontsaglike potensiaal van die kreatiewe sektor te erken, deur die krag van kreatiwiteit te benut om omgewingsuitdagings te takel, innoverende idees uit te dink en reisgeleenthede te skep wat die rykdom van Afrika se kreatiwiteit, inspirasie en vindingrykheid vier.”



“Ons glo dat die kreatiewe ekonomie ’n belangrike rol speel in die verdieping van bilaterale betrekkinge en die vorming van die toekoms van Suid-Afrika en Mauritius,” voeg Haar Eksellensie, dr. H. N. Manzini, hoëkommissaris van die Republiek van Suid-Afrika in Mauritius, by. “Deur die unieke artistieke uitdrukkings en kontemporêre innovasies van ons streek te vier, kan ons samewerkingsgeleenthede bevorder wat die kreatiewe ekosisteem verbeter, ekonomiese groei dryf, toerisme aanmoedig en die internasionale siening van die streek verbeter. Ons nooi individue, besighede en organisasies uit om saam met ons hierdie groot geleenthede binne die kreatiewe ekonomie te verken en by te dra tot ons gedeelde doelwit om Suid-Afrika en Mauritius te posisioneer as die hart van kreatiwiteit en innovasie, terwyl ons die ryk kulturele erfenis van beide lande vier.”




“Hierdie betrokkenheid, uitnodiging en borgskap wys watter belangrike rol die privaatsektor speel om ’n dinamiese sake-omgewing te koester,” meen Bilal Adam, voorsitter van die Suid-Afrikaanse kamer van koophandel in Mauritius. “Ons is dankbaar vir World Leisure Holidays en Sunlife se visie en toewyding om ’n platform te skep vir kreatiewe entrepreneurs en professionele persone om saam te werk om die potensiaal vir werkskepping, buitelandse beleggings en vennootskappe te ontsluit wat bydra tot die groei en welvaart van beide lande deur die uitvoer van innoverende produkte en dienste.”




Crown Chasers sal van 4nm tot 5nm elke Sondag, van 9 Julie tot 6 Augustus, op SABC 3 uitgesaai word. Heruitsendings is beskikbaar op die Miss South Africa-toepassing. Kry dit hier: Misssa.page.link/app


#MissSA2023 #CrownChasers #Season2 #Episode2 #realityseries #sabc3 #worldleisureholidays #yoursunlife
PR FOTOS: Verskaf deur Starburst Promotions
PR FOTOS: Krediet – Aestetika Autonomy
SOSIALEMEDIASKAKELS:
WORLD LEISURE HOLIDAYS
Facebook: https://www.facebook.com/WorldLeisureHolidays
Instagram: @worldleisureholidays
Webwerf: www.wlh.co.za
Sunlife Mauritius, Long Beach, Ile aux Cerfs Golf Club, Sugar Beach, La Pirogue
Webwerf: www.yoursunlife.com
Facebook: https://www.facebook.com/yoursunlifemauritius
Instagram:
@your_sunlife
@LongBeachMauritius
@IleAuxCerfsGolfClub
@SugarBeachMauritius
@LaPirogueMauritius
MISS SOUTH AFRICA
Facebook: @MissSouthAfricaOfficial
Instagram: @official_misssa
CROWN CHASERS:
Facebook: https://www.facebook.com/profile.php?id=100083650360276&mibextid=ZbWKwL
Instagram: @official_crown_chasers
TikTok: @official_crownchasersPUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos:alishia@starburstmusic.co.za
Webwerf:www.starburstmusic.co.za
