“Jy is genoeg” – Liezel Pieters se nuwe enkelsnit

DIE SANGERES EN LIEDJIE SKRYWER LIEZEL PIETERS HET GEEN BEKENDSTELLING NODIG NIE.

MET OORSPRONKLIKE TREFFERS WAT DEUR DIE LAASTE PAAR JAAR SOOS ‘N VELDBRAND DEUR DIE LAND VERSPREI HET, IS SY TERUG MET HAAR NUWE SNIT “JY IS GENOEG”.

LIEZEL WORD BESKOU AS EEN VAN DIE MEES GESOUTE AFRIKAANSE VROULIKE KUNSTENAARS IN SA.  MET HAAR LOOPBAAN, WAT VIR MEER AS ‘N DEKADE LANK STREK, HET SY AL DIEP SPORE IN DIE VERMAAKLIKHEIDS BEDRYF GETRAP.  VAN HAAR GROOTSTE TREFFERS SLUIT “ASEMLOOS” EN “MILJOENE DRUPPELS” IN, GEVOLG DEUR HAAR DEBUUT ALBUM “SING MY HART UIT” 

Haar nuutste enkelsnit, “Jy Is Genoeg”, is die eerste snit wat net uit haar eie pen kom, en dra diep betekenis vir haar. “ Toe ek die lied skryf het ek baie mense in my lewe in ag geneem, ek het net gedink almal moet dit hoor, almal in en om my lewe moet weet dat ‘jy is genoeg’ toe dink ek ook aan die vers in die Bybel:

JOSUA 1:9 NLV

“My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees. Moenie bang of huiwerig wees nie. Die HERE jou God is saam met jou oral waar jy gaan.” Sê Liezel.

Jy Is Genoeg, is van vandag af beskikbaar op alle digitale platforms.

Vir meer inligting, besprekings en onderhoude kontak tania@tfpromosies.co.za

SangerLiedSkrywerISRCPublisher
Liezel PietersJy is GenoegLiezel PietersQZNWT2394672John Fishlock

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →