Wil jy graag oor jou gemeenskap skryf… of is jy dalk moedeloos omdat jou mediaverklarings nie die nuus haal nie?

Het jy dalk ’n liefdesverhaal wat in jou kop broei…of wil jy graag jou kind help om beter te skryf?
Skryfnet kan help! Lees verder om te sien hoe:
SKRYF VIR GEMEENSKAPSMEDIA
Hierdie 10-weke aanlyn kursus is ideaal vir enigiemand wat graag die nuus wil deel wat vir hulle gemeenskap belangrik is – hetsy dit nou vir jou plaaslike koerant, radiostasie, kerknuusbrief of skoolkoerant is.
Dit is ontwikkel deur Maroela Media se kundige joernaliste en rus jou toe met die basiese gereedskap wat jy nodig het om ’n gemeenskapsjoernalis te wees – van onderhoudvoertegnieke tot fotografie en selfs klankpakkies.
Die kursus begin op 14 Augustus 2023 en eindig 23 Oktober 2023.
Bespreek nou jou plek hier!
SKRYF ’N LIEFDESVERHAAL
Nadat jy hierdie 6-weke aanlyn kursus voltooi het, sal jy die eerste drie hoofstukke gereed hê van daai liefdesverhaal wat al so lank in jou kop broei.
Die kursus is ontwikkel deur die gesoute boekeredakteur en manuskripontwikkelaar, Madri Victor, en sal jou help om jou storie gereed te kry vir publikasie.
Tydens die verwelkomingsessie op Zoom (op 4 September om 19:00) sal deelnemers ook die geleentheid kry om met die gewilde skrywer,Elsa Winckler te gesels en raad te vra oor skryf.
Bespreek nou jou plek hier vir dié kursus wat op 4 September 2023 begin.
SKRYF ’N MEDIAVERKLARING
Dit kan uiters frustrerend wees as jou mediaverklaring nie die nuus haal nadat jy so hard daaraan gewerk het nie.
Dr. Thalyta Swanepoel kan help!
Op die oggend van 20 Oktober 2023 (van 09:00 tot 13:00) kan jy deel wees van ’n aanlyn werkswinkel (op Teams) wat ontwerp is om jou te help om mediaverklarings te skryf wat nuusbronne se aandag sal trek!
Om dinge nog meer opwindend te maak, kan jy jou kollegas vra om saam met jou in te skryf, want groepe van 5 of meer sal nie net vir 10% afslag kwalifiseer nie, maar ook die kans staan om ’n advertensieveldtog op Maroela Media te wen ter waarde van R30 000!
Bespreek nou hier.
KREATIEWE SKRYFKUNS VIR SKOLIERE
Na groot sukses met ons eendag-skryfwerkswinkels vir skoliere in Pretoria en Bethlehem, wil Skryfnet nou ook Kaapse tieners inspireer om hulle skryftalent uit te leef.
Kinders wat passievol is oor skryf, sal baie waarde kry uit vanjaar se Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere-werkswinkel wat op 28 Oktober 2023 (van 09:00 tot 15:00) by Hoërskool Stellenberg in die Kaap plaasvind.
Dit is ʼn praktiese en prettige eendagwerkswinkel vir leerders tussen die ouderdomme van 12 en 18. Dit word aangebied deur die gewilde jeugverhaalskrywer Carina Diedericks-Hugo.
Die werkswinkel fokus op die skryfproses, vertellerperspektief, skryfgenres, hoe om ʼn storie aanmekaar te sit en redigering van jou teks – alles wat jy nodig het om aan jou storie te begin skryf.
Kaartjies kos R700 per persoon. Na afloop van die werkswinkel, sal deelnemers ook ʼn sertifikaat van deelname ontvang.
Klik hier om kaartjies te koop.
Besoek Skryfnet se webblad vir meer inligting en antwoorde op gereelde vrae.
Skryfnet is ʼn projek deur Maroela Media en Akademia.
Skryf ‘n Liefdesverhaal – Die Winkel (akademia.ac.za)
