Begaafde Alicia Scrooby leef haar kreatiewe droom uit!

Olka Bolka het ‘n onderhoud gehad met Alicia van Lischa’s Nails, sy is bondel energie wat al verskeie pryse ingepalm het met haar kreatiewe idees vir naels.

Lees meer oor Alicia hieronder

  • Vertel ons lesers waar jy gebore en groot geword, waar bly jy tans?

Ek is gebore reg hier in die Oos Rand in Springs by St Mary’s en het groot geword in Brakpan. Bietjie rond beweeg tussen Musina, Thabazimbi en Ellisras saam my man maar en bly tans in Brakpan.

  • Wat het jy na Matriek gedoen?

Ek net na Matriek by Zanogen as n Temp gewerk by die ontvangs departement.

Daarna het ek by my eerste salon begin werk by my leermeester.

  • Watter beroep beoefen jy?

Ek is ‘n Nael Tegnikus / Kunstenaar en Nael Leermeester

  • Vertel ons meer oor jou beroep.

As ‘n nael tegnikus is ek verantwoordelik is vir die versorging en voorkoms van my kliënte se naels en toonnaels asook hulle ontspanning vir die tydjie wat hulle by my is. Ek maak die kliënte se naels skoon, vorm dit en wend dan die produk aan wat die kliënt verkies of nodig het. Produkte behels akriel, gels en verskillende forums van nael kuns.

Om ʼn nael tegnikus te wees gaan nie net oor kliënte se naels nie maar ook om die salon omgewing en atmosfeer so rustig as moontlik te maak want vir meeste kliënte is dit hulle enigste ” Me Time”. Hulle kort dalk bietjie rustigheid of het net nodig om te ontspan na n lang dag se werk. Ons het baie ander belangrike vaardighede wat ook n groot rol speel in ons beroep:

n Oor wees vir kliënte om ontslae te raak van hulle frustrasies of probleme.

n Raadgewer en vriendin wat mens alles meer kan deel en opgemak meer kan wees

n Geheim houer sodat jy vertroue handhaaf en die professionaliteit behou

  • Waar het jy jou opleiding gedoen?

Ek het my opleiding gedoen vir n jaar by Ria van Dyk wat die mees wonderlikste leermeester was. Daarna het ek myself op gewerk deur miljoene ure se navorsing te doen deur video materiaal te kyk en te leer om te eksperimenteer soos wat ek kan en ek doen nog steeds. Ek glo mens moet nooit ophou groei in mens se beroep en nie selfvoldaan word nie.

  • Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

Ek is n Konings Kind, kunstige, easy going persoon wat geniet om mense goed te

laat voel. Ek is altyd ʼn eerlike en regverdige persoon wat nie die lewe “suger coat” vir mense nie want ek hou daarvan om te help en te sien hoe mense verbeter. Ek wil net hê almal om my moet okay, gelukkig en rustig wees en die beste weergawe van hulself wees en net hul self ook wees. My man, seuntjie, familie en naels is my lewe. Ek het die grootste passie vir enigiets met naels en kuns te doen.Ek moet kreatief wees anders voel ek soos n halwe mens.Ek hou van uit die boks uit dink. Ek is ‘n persoon wat my lewe met gelukkige kwaliteit mense omring sodat ek ‘n gelukkige kwaliteit lewe lei.

  • Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek is baie deursigtige persoon. What you see is what you get. So ek glo daar is bitter min mense in my lewe wat nie alles van my weet nie.

  • Wat inspireer jou?

Wow waar begin ek? Alles wat anders en uniek  is en meer is as net die normaal, soos kuns wat abstrak is. Ek kan inspirasie kry van ʼn simpel ding af soos n muur met graffiti op of daai “waterverf” sonsondergang of sonsopkoms. Selfs ander kreatiewe nael tegnikuste en Kunstenaars se werk.En al my ”aanhangers” wat my so ondersteun hulle maak my wil beter doen en groei

Wat is op jou emmerskoplys?

·Vlieg

·Oorsee reis

·Hoogste kwalifikasie in nael kunde te bereik

·Leer kitaar speel

·Licha’s Nails ʼn franchise te maak

• Wanneer verjaar jy?

28 Maart 1988

• Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek:

Hang af van my bui.Van rustig, Alternative rock tot metal.Ek kan nie leef sonder musiek nie

Sangers:

Enya, Alice DeeJay, Selena Gomez, en soveel meer

Band:

The Cranberries, Nirvana,Linken Park, Jesus Culture, Metallica (daar is te veel)

Gunsteling liedjie:

Nothing else matters,

Calm down en Spirit lead me (onder andere)

Rolprent:

Enigiets met Johnny Depp in

Akteurs:

Johnny Depp

Reeks:

Crime documentaries & reekse

Kos en drankie:

Pasta & Pizza

Red Bull, iced coffee en gin

Ontspanning:

Naels, naels en nog naels.

Tyd saam my man en seuntjie

Boek:

The Shack en Die Bybel

Vakansie bestemming:

See of die bos

Kleur:

Swart & leopard print (ek sien dit as n kleur)

Wat is die nuutste “nail trends” wat jy verwag in 2023 / 2024?

Ek dink die jaar was glazed donut naels (van Hailey Bieber) verskriklik in en natuurlik nou dat die Barbie film op almal se lippe is sien mens pienk barbie naels orals.

Volgende jaar dink ek gaan daar n groot trend wees met mans wat hulle naels versorg met minimalistiese nael kuns. Dan natuurlik ook wat ook al die publiek sien bekende mense met hulle naels doen dan doen almal dit.So ons sal maar moet wag en kyk wat 2024 vir ons nael tegnikuste inhou

• Wat is belangrike vaardighede wat ‘n nael tegnikus moet he?

·Passie is heel bo aan my lys. Daai vuur binne n mens wat jy net beter wil wees en alles wil weet omgaande naels.

·Geduld want dit vat tyd en beplanning om n goeie stel naels te doen

·Kreatiwiteit en uit die boks dink om uit te staan

·Kliënte diens is baie belangrik asook sanitasie en n netjiese salon omgewing

·Om nie te dink mens weet alles nie en soveel te leer soos ‘n mens kan

·Om met die nuutste “nail trends” op datum te bly en te weet hoe om dit te doen

·Om te verstaan nie elke kliënt is dieselfde nie so mens moet goeie mense kennis leer en toepas en jou kliënte leer ken

·Dan baie belangrik vir my is doen presies wat die kliënt wil hê en voor vra. Vra soveel keer moontlik of hulle gelukkig is met die vorm van die nael die kleur en die kuns asook of hulle nog gemaklik is en iets wil hê om te drink. Hulle moet vry voel om te sê as hulle nie van iets hou nie want mens wil hê jou kliënte moet 110% gelukkig wees en permanente kliënt word.

• Wat is jou gunsteling nael kuns ?

Ek is verlief op elke gedeelte van naels en nael kuns maar geniet dit die meeste om hand geverfde kuns te doen.

Wat maak jou uitstaan van ander nael tegnikuste?

·Ek dink my nael kuns is anders en netjies en ek vat my tyd met afronding. Ek sê altyd as ek as tegnikus iets sien wat nie reg is nie moet mens verseker weet jou kliënt gaan dit ook sien as sy vanaand in die bad sit.

Ek doen dit of reg of ek los dit. Ek glo ook dat jy nie net fokus om die mooiste kuns op die nael te sit nie maar seker maak dat jou “canvas” sterk en netjies moet wees. Dis my eerste prioriteit dat die naels hou. Vincent van Gogh het nie sy kuns op rys papier geverf nie hy het dit op n ordentlike canvas geverf sodat sy kuns sal hou.

Ek geniet dit ook om die onmoontlike te doen met kompetisies en aan te hou leer.

·Ek maak altyd seker dat my kliënte se naels so natuurlik moontlike lyk en voel en nie vals en bulky nie

• Watter verskillende tipe dienste offer jy?

·Dip acrylic met tips of overlay

·Gel met tips of overlay

·Gel op tone

·Groot verskeidenheid gel kleure Swarovski crystals, glitter ens. om van te kies

·Hand geverfde kuns

·Gevorderde hand geverfde kuns wat ek vooraf verf en dan opsit met afspraak om tyd te spaar

·n Nail art printer is ook beskikbaar om persoonlike fotos ens op naels te print

Watter kompetisies het jy al gewen met jou nael kuns?

·I-Spa Nail Tech of the year African Kompetisie 1ste plek 2022

·I-Spa Nail Tech of the year Halloween kompetisie 3de plek 2021

·Manikurebox holloween creative Kompetisie 1ste plek 2021

·Jin boutique 21 Christmas Kompetisie 1ste plek 2021

·Nailz South Africa Halloween Kompetisie 1ste plek 2022

·Calgel Bring the Bling Kompetisie 2de plek 2023

• Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

·Oneerlikheid & Onregverdigheid

·Afgunstigheid & Selfsugtigheid

·Brand kosse

·Miere en vlieë

• Waar kan mense jou kry ?

Ek is geleë in :

58 Northdene Straat Brakpan

Tel: 082 081 0015 Alicia

·Facebook

https://www.facebook.com/lichas.nails.9?mibextid=ZbWKwL

·Instagram

https://instagram.com/lichas.nails?utm_source=qr&igshid=NGExMmI2YTkyZg%3D%3D

·Google

Licha’s Nails

·Tik Tok

https://www.tiktok.com/@lichas_nails_alicia?_t=8eqGX2DuPu2&_r=1

·Whatsapp

Message Licha’s Nails on WhatsApp. https://wa.me/message/3H7MX7ACMJBNJ1

·Youtube

@lichasnails9384

• Enige ander informasie wat jy wil byvoeg vir ons lesers?

·Ek is al 17 jaar in die bedryf en het al as Licha’s Nails in ‘n salon in Ellisras gewerk en asook in Springs.

·Ek verkies my nael Studio by my huis want dis vir my meer rustig en laat my toe om na ure te werk want dis veilig

·Daar is veilige parkering binne vir kliënte

·By Licha’s Nails is kliënte nie net n beursie nie maar word familie.

·Ek het n unieke afspraak sisteem wat die maak van afspraak soveel makliker maak

·Elke nuwe kliënt word verwelkom met n bottel cuticle olie. Die bottel word dan verniet hervul as hy leeg is slegs vir permanente kliënt.

My afsprake vat so tussen 2 tot 4 ure afhangend van wat die kliënt wil doen.

Ek werk deeglik en dit gaan alles vir my oor

***Quality over Quantity*** hier by Licha’s Nails

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →