Met die splinternuwe klank van die Musiek-groep, ‘Just Us’ stel hulle ‘n nuwe engelse liefdes-enkelsnit vry met die naam “My Love”.

Huwelikspaartjie, Marlé en Ronald Bruyns beter bekend as ‘Just Us’, het albei groot geword in ‘n musikale huis en sing al van ‘n baie jong ouderdom af. Musiek is in hulle bloed en gene. Ronald het sy sangtalent van sy ma geerf en vir Marlé het haar rolmodel en oom, Tommy Oliver, ‘n groot rol gespeel. Met 27 jaar se ondervinding vir Ronald en 12 Jaar vir Marlé het albei al groot mylpale bereik in die musiek bedryf. Dit kan met trots gesê word dat Marlê ‘n Eurovision-toekenning ontvang het vir die Cypres liedjie vertaling van ‘My Eie Wentelbaan’, en dat Ronald al saam met vele groot name wat Percy Sledge en Frankie Lane insluit, oorsee opgetree het.
Hulle splinternuwe enkelsnit “My Love” se lirieke bestaan uit drie gedigte van die bekende digter, Chris F Smith, wat deur Marlé gekomponeer en getoonset is. Hierdie Engelse ballade gaan oor verlore liefde. Dit gee die gevoel van ‘n man en vrou wat mekaar moes vind, en toe nooit bymekaar uitgekom het nie, maar in die ewigheid is hulle nou saam.
Die inspirasie agter hierdie lied is om jou regte liefde te vind voor dit te laat is. “Ek het altyd geglo in liefde, maar gedink dis nie vir my bestem nie, tot ek die liefde van lewe ontmoet het.”, verduidelik Marlé. Hierdie liedjie het ‘n unieke klank, en is heeltemal anders as wat nou op die mark is.
Daar is ook ‘n musiekvideo in die pyplyn wat Oktober maand opgeneem word deur Devin de Bruyn van Identity Media Solutions wat meer op die storie van verlore liefde sal uitbrei in ‘n “Fantasie” en “Victoriaanse”-gevoel. Volgens die musiek-groep kom die idee van die lirieke, en die gevoel van musiek, dit het dadelik hulle aandag gegryp. Die boodskap wat hierdie enkelsnit oordra is as jy liefde kry gryp dit aan, want die lewe is kort.
Indien hulle ‘n ander beroep sou moet kies sal Marlé graag wou aangaan met Littegasie werk en Ronald sou ‘n veld in die Inligitings Tegnologie-wêreld volg.
Beide Ronald en Marlé het veelsydige stemme wat verskillende genre’s kan sing en dit maak dit maklik om by mekaar te kan aanpas. Marlé se inspirasie in die musiekbedryf is Monique Steyn en sal graag eendag saam met haar wil werk. Ronald se inspirasie om te begin sing was die legendariese Elvis Presley en hy sou graag ‘n lied saam met Mandoza wou opneem. Hulle maak die perfekte musiek-groep omdat Marlé die “harmonie” op Ronald se “melodie” is.
‘Just Us’ is tans besig om aan ‘n splinternuwe album te werk wat ook binnekort beskikbaar is en saam verwerk hulle groot uitdagings in die musiekbedryf. Dit is net ‘n bewys dat hierdie huwelikspaartjie nog baie saam gaan bereik as hulle aan hou met ‘n lied soos “My Love”.
Die enkelsnit is nou beskikbaar op Apple Music, iTunes, Spotify, YouTube, Deezer, Amazon Music en vele meer.
Laai dit gerus hier af: https://dnamusiek.streamlink.to/MyLoveJU
SOSIALE MEDIA
Facebook – Just Us – https://www.facebook.com/profile.php?id=100069783772409
VIR MEER INLIGTING OOR DIE ENKELSNIT / KUNSTENAAR / ONDERHOUDE, KONTAK
