Die talentvolle sangeres, Elzabi Buek, spreek die misdaad van mishandeling aan in haar splinternuwe enkelsnit “Die Begin Van ‘n Einde”. Met hierdie ‘ernstige’ dans-treffersnit, uit haar eie pen, is sy gereed om haar agtste enkelsnit met bewonderaars te deel.

In vandag se lewe is daar soveel mishandeling van vroue en mans, maar in Elzabi se nuwe enkelsnit fokus sy op vroue mishandeling. Sy verduidelik dat daar hopeloos te veel geweld en mishandeling is dat 99% begin by drankmisbruik. Dit steel en vernietig elke dag baie lewens.
Die storie agter die hierdie betowerende enkelsnit is ‘n man wat leuens vertel en dinge agteraf kwytraak, drank misbruik en sy lewensmaat dan verbaal en fisies mishandel en hierdie vroue of alombekende slagoffers mag dan nooit uitpraat nie. Hulle moet net altyd ‘n masker dra en voorgee dat alles “Ok” is.
Hierdie enkelsnit lê Elzabi baie na aan die hart omdat hierdie vroue ten gronde gaan, en hulle identiteite word vernietig. “Ek het die liedjie geskryf en hoop om ‘n verskil te kan maak deur vir hierdie vroue te sê, genoeg is genoeg. Staan op vir jouself en maak ‘n einde hieraan. Wees braaf en waag dit en moenie bang wees nie, want glo my Jesus sorg vir die voëls en hoekom sal Hy nie vir sy dogter help en sorg nie” verduidelik Elzabi.
Elzabi is al vir twee-en-twintig jaar aktief in die musiekbedryf betrokke en het haar liefde vir musiek by haar ma gekry, wat konstant in hulle huis musiek gespeel het terwyl sy saam gesing het. Sy het op driejarige ouderdom begin sing, waarna haar ouers haar op die tafel getel het en ʼn geldjie betaal het om hulle te vermaak.
“Ek het as kind begin om musiek op gehoor te speel en niemand wou vir my klas gee nie, want ek kon nie note lees nie,” sê sy oor haar natuurlike aanvoeling vir musiek. “Ek het net eenmaal ʼn stuk gehoor en dan het ek dit gespeel sonder bladmusiek.”
Op hoërskool het dié veelsydige vrou musiek as vak geneem, waar sy toe genoodsaak is om te leer note lees. Later het sy ook haar eie musiek begin skryf en toonset. Vandag speel sy klavier, klawerbord, kerkorrel, kitaar en ʼn bietjie panfluit.
In haar loopbaan het sy nie ‘n tekort aan hoogtepunte ervaar nie. Bo-aan haar lys is ‘n uitnodiging om as ʼn vroulike kunstenaar by die Mighty Men-konferensies te sing. “Om so baie mans te hoor ‘Amen’ skree en te sien hoe hulle die Here loof en prys, was ʼn belewenis soos min ander,” vertel sy oor haar ervaring.
Dié passievolle sangeres en liedjieskrywer put haar inspirasie uit gebeurtenisse, lewenslesse en boodskappe wat sy wil uitdra aan haar gehoor. Sy skryf net as sy gelukkig is, want sy wil nie haar hart verklap in seer tye nie.
Daar is baie kunstenaars saam met wie die sangeres graag eendag wil werk en sy sê: “Omdat ek van ʼn groot verskeidenheid musiek hou, sal ek graag saam met Tarryn Lamb, Dirk van der Westhuizen, Juanita du Plessis en Rudi Claase wil werk.”
As daar een ding is wat die industrie deur die jare vir Elzabi Buek geleer het, is dit dat niks tot stand kom sonder harde werk nie en met hierdie “Die Begin Van ‘n Einde” is sy ‘n stem vir die wat nie ‘n stem het nie, sy hoop dat die misbruikers daar buite wat die lied hoor, hulle sal skaam en besef waarmee hulle besig is, en ‘n einde maak daaraan.
Die enkelsnit is 25 Augustus 2023 beskikbaar op Apple Music, iTunes, Spotify, YouTube, Deezer, Amazon Music en meer.
Laai dit gerus hier af: https://dnamusiek.ampl.ink/DieBeginVanNEindeEB
Facebook – https://www.facebook.com/elzabi.artist/
YouTube – https://www.youtube.com/@elzabibuek5819
“DIE BEGIN VAN ‘N EINDE”
Artist: Elzabi Buek
Composer: Elzabi Buek/Hendrik Meyer
Publisher: DNA Musiek
ISRC-Code: ZA5-ND2-30-0001
VIR MEER INLIGTING OOR DIE ENKELSNIT / KUNSTENAAR / ONDERHOUDE, KONTAK
