LION JAY DEEL SY NUUTSTE ENKELSNIT “IRON COWBOY” VANAF SY VARS VRYGESTELDE ALBUM

In 2021 het ‘n nuwe ster begin skitter op die musiek horison toe ‘n oud-polisie kaptein sy opwagting gemaak het in die wêreld van vermaak.

Daar word gewoonlik gepraat van ‘n Leeu wat sy stem dik maak… wel, dan hoor jy die naam Lion Jay.

Nog vars in die musiek wêreld en Lion Jay stel sy 6de album vry met die naam “Country Feelings”. Met 15 nuwe en unieke liedjies is daar beslis ‘n paar wat uitstaan soos die enkelsnit genaamd “Iron Cowboy”.

“Iron Cowboy” is ‘n ‘Country’-snit met ‘n lekker ritme en handel oor homself en die onderliggende gevoel van ‘n biker wat maar nog altyd soos ‘n ‘cow-boy’ van binne voel. Hierdie enkelsnit lê Lion Jay na aan die hart omrede dit ‘n weergee van gevoelens in hom is en voel dat die publiek ook meer hulself daarmee kan identifiseer.

Die musiekvideo van “Iron Cowboy” geskiet by die Vaal Rivier en Walkerville se Perdry Skool, gaan oor Lion Jay se ewige ambisie om ‘n ‘cow-boy’ te wees, helaas verduidelik hy dat hy nie die opset het om een te kan wees nie maar kan darem sy “Ysterperd” ry asof hy wel ‘n ‘cow-boy’ is.

Lion Jay brul voorwaar vir hom ‘n plekkie los in die harte van ons volk met sy eie styl en sy vars aanslag. Hy het self ook hand op papier gesit en ‘n hele paar liedjies geskryf wat redelik goed doen op die radiostasies wat sy musiek speel.

Dit was duidelik dat hy ernstig was oor die “droom ‘n werklikheid  maak” aangesien hy sedertdien al 6 albums vrygestel het. Hy het ook in 2022 die Melomaan toekenning vir “Beste nuweling” en “Beste Video” gewen. Onlangs is hy ook by SACMAF se jaarlikse toekennings bekroon as “Beste Nuweling”  en verwerf hy ook die gesogte toekenning “Manskunstenaar van die jaar”. By 2023 se Melomaan Toekennings het Lion Jay weereens gestreef in sukses, hy het weggestap met die toekenning vir “Album Van Die Jaar” en “Engelse Liedjie Van Die Jaar”.

Sy nuutste enkelsnit “Iron Cowboy” en ook die eerste snit op die “Country Feelings” album word ‘n sprekende voorbeeld van sy eie styl en gee mens die nostalgiese gevoel van treffers van Neil Diamond en soortgelyke skrywers, waaruit Lion Jay sy inspirasie vind.

“Iron Cowboy” is tegnies en musikaal baie goed versorg en is deur Hennie Ungerer van UNG Studio vervaardig en opgeneem. Die lied word ook op meeste digitale platforms vrygestel en die Video is op YouTube te sien.

Die enkelsnit is nou beskikbaar op Apple Music, iTunes, Spotify, YouTube, Deezer, Amazon Music en vele meer.

Laai dit gerus hier af: https://dnamusiek.streamlink.to/IronCowboyLJ

Kyk gerus die musiek video hier: https://youtu.be/CMr3yHcdCVU?si=50w2_Edj5DkVQ0QE 

VOLG LION JAY NOU OP:

Facebook – https://www.facebook.com/profile.php?id=100064569199112

Instagram – https://www.instagram.com/leon.jacobs.148/

YouTube – https://www.youtube.com/@lionjay

TikTok – https://www.tiktok.com/@leonjacobs12

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →