MARITZA VERMEULEN SE NUWE ENKELSNIT GETUIG VAN GOD SE NABYHEID, GOEDHEID EN GUNS

Die 33-jarige onafhanklike kunstenaar, Maritza Vermeulen, wil graag soveel as moontlik gemeentes in lofprysing, en aanbidding, begelei met haar nuwe enkelsnit, Emmanuel, wat ook as ‘n getuienis van God se nabyheid in haar eie lewe dien.

Hierdie aangrypende geestelike enkelsnit wat ‘n opsomming van haar Verlosser en Saligmaker, Jesus Christus, se lewe hier op aarde bied, is vir Maritza baie spesiaal, omdat dit die heel eerste liedjie is wat sy ooit self op haar kitaar geskryf het. Sy kon aanvanklik nie enige musiekinstrument bespeel nie, maar sowat vyf jaar gelede het sy ‘n visioen gehad, waarin sy gesit en kitaar speel het, en ‘n maand nadat sy in 2022 professioneel met kitaarlesse by Masson Music in Witbank begin het, is Emmanuel gebore. Kort hierna het daar egter nog ‘n hele paar liedjies uit haar pen gevolg soos U Woord, Sy Voetstappe, wat sy aan haar seuntjie opgedra het, sowel as Ek En My Huis, wat albei op haar kitaar geskryf is.

Maritza se debuutalbum, Onbeskryflike Genade, waarvan die titelsnit aan haar dogtertjie opgedra is, bestaan uit agt geestelike liedjies met ‘n country-ondertoon. Hierdie album dien as ‘n getuienis van die onbeskryflike genade wat die Here aan hulle gesin bewys het in ‘n tyd toe hul Hom bitter nodig gehad het. “Die Here was nog altyd daar vir ons gesin in tye van nood en swaarkry, waardeur Hy ons telkemale gedra en versterk het. Daarom kan ek nie anders as om uit te basuin dat ek en my huis die Here sal dien nie,” vertel sy entoesiasties oor haar keuse van musiek wat sy skryf.

Maritza het oorspronklik bekendheid verwerf toe sy in 2022, as een van 50 deelnemers, na die Top 20 van die gospel sangkompetisie, Laat Ons Juig, op televisie deurgedring het. Sy het ook in 2020 die Sing Aanlyn-kursus, onder leiding van bekendes soos Germandt Geldenhuys, Reynardt Hugo, Lee Scott, en Charlize Berg, voltooi waartydens sy met behulp van verskeie werksopdragte haar vaardighede as ‘n sanger, en ‘n liedjieskrywer, geslyp het.

Sy wil graag hierdie vaardighede van haar, wat sy as Godgegewe talente beskou, gebruik om ander mense by gemeentes, damesoggende, en feeste te bedien met die woordkeuse van haar musiek wat deur die Heilige Gees geïnspireer is. Maritza se droom vir die toekoms is om ‘n groter gehoor met haar getuienis te kan bereik, asook om met ander aanbiddingsleiers en kunstenaars die verhoog te kan deel sodat hulle saam die Here se naam kan groot maak.

Maritza Vermeulen se enkelsnit, Emmanuel, asook al haar ander oorspronklike musiek is reeds op alle digitale musiekplatforms, insluitend Youtube, Youtube Music, Spotify, iTunes, en Deezer beskikbaar. Sy kan bespreek word vir optredes by enige geleentheid vanaf gemeentes tot damesoggende, sowel as ander funksies, wat lofprysings- en aanbiddingsmusiek as deel van hulle program benodig.

SangerLiedISRCPublisherSkrywer
Martiza VermeulenEmmanuelGBLFP2283929SamroMartiza Vermeulen

Vrygestel deur Tania Fourie Promosies.

Vir media navrae, kontak Tania Fourie by 072 194 2794, of e-pos by tania@tfpromosies.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →