Vir ’n besigheid om regtig suksesvol te wees, moet die personeel funksioneel en effektief as ’n span kan saamwerk. Dit kan egter nogal uitdagend wees om elkeen se sterkpunte te identifiseer en dit is waar profilering ’n groot rol speel.

Die 21ste eeu is ’n tydperk waarin dit belangrik is om die waarheid te weet en akkurate en betroubare feite te hê oor enigiemand waarmee jy besigheid doen, hetsy ’n personeellid of kliënt. Dis ook belangrik om bewus te wees van diegene wat jy bestuur se sterk- en swakpunte.
Ontsluit jou span se effektiwiteit met vooruitstrewende korporatiewe opleiding, wat gesigprofilering integreer om verborge potensiaal te ontdek en prestasie te verbeter.
Profilering help bestuur en groepleiers om te verstaan hoe hulle mekaar se sterkpunte en vaardighede kan aanwend om die beste resultate te verkry en sterk, produktiewe spanne te vorm wat mekaar se rol in die besigheid respekteer. Verder bevorder dit ook eerlikheid en effektiwiteit binne die werkplek.

Wat is gesigprofilering?
Volgens dr. Lizelle Grobler, ’n gesertifiseerde profileerder, forensiese psigofisioloog met ’n PhD in metafisiese wetenskap en ’n meestersgraad in neuro-linguistiese programmering, word jou persoonlikheid weerspieël in jou gesig.
Maar dit gaan oor meer as net jou gesigsuitdrukkings. Behoorlike gesigsprofilering verklap waardevolle inligting oor wie iemand is, wat hulle behoeftes is.
Deur hierdie tegniek op potensiële kliënte toe te pas kan jou bemarkings- en verkoopspan leer om hulle binne ’n paar minute te lees en presies te weet wat hulle wil hê, en hoe om hulle te hanteer. Dit kan dus lede van jou span help om ’n ingeligte besluit te neem om suksesvolle verkope te verseker.
Die linker- en regterkant van ’n persoon se gesig, weerspieël elemente van sy private (links) en openbare (regs) persoonlikheid.
Die linkerkant onthul meer intieme en persoonlike karaktereienskappe; en die regterkant verklap wie hy by die werk en in sosiale omstandighede is.
Dit gaan oor vorms, lyne, groottes, hoeke en posisie – hoeveel van die ooglid blootgestel is of die digtheid van hul wenkbroue. Van die voorkop tot die ken, bied die gesig ’n holistiese interpretasie van persoonlikheid en gedrag.
Om hierdie beginsel te demonstreer, het Lizelle onlangs die bekende akteur, Tom Cruise, se gesig ontleed (sien foto aangeheg).
Tom se skuinsvoorkop (links bo) verklap byvoorbeeld dat hy iemand is wat feite en prosesse maklik onthou en sy kennis en ervaring gebruik om probleme vinnig en doeltreffend op te los.
Sy reguit neus (links onder) dui aan dat hy ’n logiese en praktiese langtermyn strategiese beplanner is, wat altyd op soek is na slim en effektiewe maniere om take te verrig.
Digte reguit wenkbroue (regs bo), soos syne, is ’n sigbare teken van intelligensie en dat feite vir hom belangrik is. Dit toon ook dat hy baie logies is, uitdagings geniet en heel moontlik ongeduldig is met diegene wat langer vat om probleme op te los as hy.
Laastens getuig sy sterk kakebeen (regs onder) van sy sterk, dapper en ferm karakter en is hy heel moontlik iemand wat soms as hardkoppig beskou sal word.
Deur slegs hierdie basiese ontleding toe te pas, kry jy reeds ’n baie duidelike prentjie van wie ’n persoon is en hoe jy hom kan aanwend of moet benader.
“Om werknemers se sterkpunte en beperkinge te identifiseer, hul kommunikasiestyl te verstaan, hulle waarde in die maatskappy te beklemtoon en te weet wat hulle motiveer, kan van onskatbare waarde wees vir moderne besighede,” sê Lizelle.
Hierdie merkwaardige vrou met haar unieke stel vaardighede help maatskappye om die beste uit hul personeel te kry. Sy leer menslikehulpbronspanne om profilering te gebruik om werknemers te laat presteer en het reeds ’n pad gestap met heelwat groot korporatiewe besighede regoor die land, waaronder Sabi Sands, die AndBeyond Group, Phoenix Security and Sefateng Chrome Mine, om maar net ’n paar te noem.


Buiten daarvoor om korporatiewe spanne te help ontwikkel, is sy ook passievol daaroor om vroue te help. As ’n gekwalifiseerde traumaberader en lewensafrigter, is sy gereeld betrokke by verskillende projekte wat spesifiek op die skoner geslag gemik is.
Sy sê: “Ek wil vroue help om hulle uniekheid te omhels en dit tot hulle voordeel te gebruik. Nie net wil ek hulle help om hulle volle potensiaal te bereik nie, maar ook om hul grense te verskuif en hulle drome te verwesenlik.”
Verder is sy is ook besig om aan verskeie opwindende projekte te werk, insluitend Enchanting Warrior-kampe vir vroue, en ’n unieke gespesialiseerde opleidingsprogram.


Lees gerus meer oor Lizelle in haar biografie hieronder:
Dr. Lizelle Grobler is ’n forensiese psigofisioloog, profileerder, hipnotiseur en mentalis met ’n PhD in metafisiese wetenskap en ’n meestersgraad in neuro-linguistiese programmering en hipnose.
Sy het in Middelburg grootgeword en gaan studeer in forensiese sielkunde aan die Universiteit van Pretoria. ’n Passie vir profilering en om die menslike psige beter te verstaan, het gelei tot agt jaar se bykomende opleiding as kriminele profileerder.
Hierdie veelsydige vrou het haar loopbaan in menslike hulpbronbestuur begin. In 2010 het die groot maatskappy waarvoor sy gewerk het haar toegelaat om ’n ondersoekafdeling te begin toe die behoefte ontstaan. Dit het vinnig gegroei tot ’n besigheid op sy eie.
’n Jaar daarna, het sy die besigheid by die groep oorgekoop en vandag verdeel sy haar tyd tussen haar rol as besturende direkteur van Iqiniso Forensic Investigations en haar ander professies.
Die maatskappy spesialiseer in korporatiewe ondersoeke, insluitend diefstal,bedrog,voertuig kapings, gewapende roof, seksuele teistering en renosterstropery. Die firma bied ook kandidaat-profilering en keuringsdienste gedurende die onderhoudproses, sowel as gesigsprofilering van bestaande spanne om prestasie te verbeter.
Oor die tipe besighede wat Iqiniso se dienste kan gebruik, sê sy: “Enige maatskappy wat mense in diens neem kan by ons dienste baat vind; sommige het dit dalk gouer nodig as wat hulle besef. Boonop help ons ook maatskappye om voorvalle van diefstal, bedrog en teistering suksesvol te bestuur.”
Benewens die opleiding van MH-spanne in profilering en ondersoektegnieke, bied hulle ook waardevolle insigte aan verkoops- en bestuurspanne en leer hulle om te oorreed en te beïnvloed.
Lizelle se grootste doelwit – ongeag of sy optree as besturende direkteur, korporatiewe afrigter, lewensafrigter of motiveringspreker – is om ander te bemagtig.
“My grootste wens is dat wanneer ek ’n vertrek verlaat, mense sal geïnspireerd en bemagtig voel om ’n verskil in die wêreld te maak,” voeg sy by.
Sy is doelgerig en hardwerkend en ’n kragtige kombinasie van vaardighede en talent laat haar op verskeie gebiede presteer.
Bykomend tot haar rol as besturende direkteur van Iginiso Forensics, is sy ook ’n gekwalifiseerde traumaberader, motiveringspreker, korporatiewe afrigter en lewensafrigter wat passievol is daaroor om vroue te bemagtig.
In 2016, is sy bekroon met die South African Council of Businesswomen (SACBW) se Besigheidsvrou van die jaar-toekenning, waarna sy in 2017 ook die Bring Change Africa Lowveld-kompetisie gewen. Laasgenoemde, ’n inisiatief deur Etienne Pretorius deur Richard Branson en die Virgin-groep, het haar die geleentheid gegee om van die land se top entrepreneurs te ontmoet en onderhoude met hulle te voer.
Buiten vir werk, het dié 49-jarige ook baie interessante stokperdjies. Sy is opgelei as n lug kunstenaar in dubbel sye, “double silk aerialist”, en Krav Maga tegnieke. Alhoewel sy laasgenoemde as ’n stokperdjie beskou, sien sy dit ook as ’n nodige vaardigheid in haar lyn van werk.
Verder is sy is ook besig om aan verskeie opwindende projekte te werk, insluitend Enchanting Warrior-kampe vir vroue en ’n unieke gespesialiseerde opleidingsprogram wat later vanjaar bekendgestel word.
Sy woon tans in Nelspruit/ Mbombela saam met haar man van amper 30 jaar. Die paartjie het twee dogters en twee kleinkinders.
SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook – https://www.facebook.com/drlizellegrobler
Instagram – https://www.instagram.com/drlizelle.grobler/
LinkedIn – https://www.linkedin.com/in/dr-lizelle-grobler-5a4a2563/?originalSubdomain=za
Webwerf – www.iqinisoforensic.co.za
PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webwerf: www.starburstmusic.co.za
