Die Lente is hier en die jaar staan al weer einde se kant toe, maar dis nog nie te laat om jou (of jou gesin se) skryfdrome waar te maak nie.
Skryfnet het nog ’n lekker kursus en twee werkswinkels waarna jy kan uitsien vir die res van die jaar.
SKRYF ’N MEDIAVERKLARING
Dit kan uiters frustrerend wees as jou mediaverklaring nie die nuus haal nadat jy so hard daaraan gewerk het nie.
Dr. Thalyta Swanepoel kan help! Op die oggend van 20 Oktober 2023 (van 09:00 tot 13:00) kan jy deel wees van ’n aanlyn werkswinkel (op Teams) wat ontwerp is om jou te help om mediaverklarings te skryf wat nuusbronne se aandag sal trek!
Om dinge nog meer opwindend te maak, kan jy jou kollegas vra om saam met jou in te skryf, want groepe van 5 of meer sal nie net vir 10% afslag kwalifiseer nie, maar ook die kans staan om ’n advertensieveldtog op Maroela Media te wen ter waarde van R30 000!
Bespreek nou hier. Kaartjies kos R500 per persoon.
KREATIEWE SKRYFKUNS VIR SKOLIERE
Na groot sukses met ons eendag-skryfwerkswinkels vir skoliere in Pretoria en Bethlehem, wil Skryfnet nou ook Kaapse tieners inspireer om hulle skryftalent uit te leef.
Vir meer inligting oor die kursus, besoek ook Skrynet se webwerf, stuur ’n e-pos na navrae@skryfnet.co.za of volg ons op Facebook en Instagram.
