Het jy al gehoor van Pretoria se bekendste spookverskynsels soos die twee meisies in die Erasmushuis, Elfie in die Victoria Hotel en die man wat destyds deur ‘n gees in die Schubartparkwoonstelle geklap is?
Onthou jy die grusame misdaadverhale wat in die Jakarandastad afgespeel het soos die Pangaman-verkragter, die pedofiel Gert van Rooyen en die Kerkstraatbom?

En die geskiedenis van die omgewing? Het jy geweet dat die Anglo-Boereoorlog in 1899 in die Ou Raadsaal op Kerkplein begin is en in 1902 in die Melrose Huis in Jacob Marestraat beëindig is?
Ervaar dan die Pretoria-SPOOKBUS-uitstappie op 21 Oktober met ‘n storie-aand op wiele tydens ‘n rit deur die donker strate van die Jakarandastad.
Aangrypende spookstories. Skokkende misdaadverhale. Die vergete geskiedenis.
Dit is ‘n multimedia kultuur-historiese ervaring met Jaco Hough-Coetzee as jou storieverteller.
Besonderhede en aanlynbesprekings by: https://spookstories.co.za/
Volle mediaverklaring aangeheg.
Vir mee info, kontak
Jaco Hough-Coetzee (076 319 1660) inligting@spookstories.co.za
Jonathan Theron
Starburst Promotions
