MEV. SUID-AFRIKA-FINALIS, VOURNÉ KGOSINKWE TEKEN BY EKSKLUSIEWEPUBLISITEITSAGENTSKAP, STARBURST PROMOSIES

Die bekende sosialemedia-beïnvloeder, model en Mev. Suid-Afrika-finalis, Vourné Kgosinkwe, het pas by die eksklusiewe publisiteitsagentskap, Starburst Promotions geteken.  Hierdie gesogte agentskap is bekend vir hul kundigheid in die bevordering van invloedryke persoonlikhede en sal voortaan Vourné se publisiteit en bestuur eksklusief hanteer.

“Ek is baie opgewonde om saam met hierdie dinamiese maatskappy te werk om my handelsmerk te bou en meer volgelinge te bereik,” deel Kgosinkwe.

Alishia van Deventer, Hoof-uitvoerende beampte van Starburst Promosies voeg by: “Dit is vir ons lekker om aan te kondig dat die Mev. SA-finalis, Vourné Kgosinkwe, onlangs by ons aangesluit het. Hierdie ongelooflike vrou is dinamies, veelsydig en ’n inspirasie vir baie, en ons sien uit daarna om saam met haar te werk.”

Hierdie saamwerkgeleentheid is ’n groot mylpaal in dié talentvolle vrou, wat deurgaans daarop fokus om haar groeiende gehoor te bemagtig, te inspireer en te vermaak, se loopbaan. 

Dié liefdevolle vrou van musikant, sanger en liedjieskrywer, Theo Kgosinkwe van Mafikizolo het in Johannesburg grootgeword en is ook ‘n toegewyde ma.  Sy betower gehore regoor die wêreld met haar boeiende inhoud, wat haar liefde vir kos, familie, en reis weerspieël.

Kgosinkwe, wat ook ’n opgeleide onderwyser is, se reis as sosialemedia-beïnvloeder het ses jaar gelede afeskop, nadat sy begin het om foto’s van haar lewe of verskillende sosialeplatforms te deel. Dit is baie goed ontvang en het dadelik mense se aandag getrek.

Haar inhoud dra die kragtige boodskap oor dat familie en dit wat jy in die lewe ervaar belangrik is en gekoester moet word.

Gedurende haar opwindende loopbaan het sy reeds die voorreg gehad om saam met gewilde handelsmerke te werk soos Huggies, Vanish, Clearwater Mall, Albany, Clientele, Creamline, Twinsaver, Ocean Basket, Baby Soft, NutriB Energy, Aanique en Purity.

Haar invloed strek verder as die digitale wêreld, want onlangs het sy ook haar merk gemaak in die mode- en skoonheidswêreld. Sy is tans ’n top-30-finalis in die Mev. Suid-Afrika-kompetisie en is besig om vir die finaal in November hierdie jaar voor te berei.

Talle modeperades en tydskriffotosessies later, is haar hoofdoel steeds om grense te verskuif en inklusiwiteit te bevorder.

Verder is sy ook ’n voorstander van liggaamspositiwiteit en selfaanvaarding, en gebruik sy haar platform om ander te inspireer om hul unieke skoonheid te omhels.

Afgesien van haar persoonlike prestasies, spandeer Kgosinkwe baie tyd en energie aan filantropie, met die doel om ’n blywende impak op die lewens van ander te maak. Sy geniet dit ook om skoonheidsgeheime te deel, wat selfsorg, mode, velversorging, en algemene welstand insluit.

Die inspirerende skoonheid se planne vir 2024 sluit die skep van besonderse inhoud en veldtogte in om nog ‘n groter verskil in mense se lewens rondom haar te maak.

Haar lewe getuig van die feit dat ’n mens met harde werk en toewyding jou drome kan bereik, ongeag van die bedryf waarin jy werk.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/profile.php?id=100090149226800

Instagram: @Vourne04 (134k)

TikTok: @Vournew (186k)

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOTIONS

Alani Coetsee

Sel: 072 442 6918

E-pos: alani@starburstmusic.co.za

Webwerf: www.starburstmusic.co.za

STARBURST PROMOTIONS
Alani Coetsee – PUBLICIST

www.starburstmusic.co.za | alani@starburstmusic.co.za | 072 442 6918

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →