Die talentvolle sangers en liedjieskrywers, Moya (16) en Iona (13) van Niekerk, wat bekendstaan as moya & iona, is ‘n Suid-Afrikaans suster duet-paar, wat in Bermuda, in die Britse Oorsese Gebiede, langs die kus van die VSA woonagtig is.

Hulle eerste enkelsnit, SIXTEEN CANDLES, is pas uitgereik en is ‘n pop liedjie wat handel daaroor om verlore te voel en om na iets te soek om aan vas te hou. Die lied is geskryf vanuit ‘n tiener se perspektief wat sukkel om vriendskap en liefde te vind wat volhoubaar is.
“Ons het onlangs die TV-program, The Summer I Turned Pretty, gekyk en ons het beide geïdentifiseer met die hoofkarakter, Isabella, en haar stryd met verhoudings en om haar pad te vind,” verduidelik Iona.

Die enkelsnit is opgeneem by Alwyn Bekker Studios in Pretoria toe hulle onlangs hulle tuisland besoek het om 12 nuwe enkelsnitte op te neem wat hulle self gekryf het. Iona was in Suid Afrika gebore, waar hulle vir 2 jaar gewoon het. Hulle het van die Verenigde Koningkryk verhuis na Bermuda, waar hulle al vir die laaste 7 jaar woon.Meeste van hulle familie is steeds in Suid-Afrika en Suid-Afrika sal altyd baie na aan hul harte lê.
Buiten vir al hul musiek avonture, het Moya pas begin met haar eerste jaar inIB (International Baccalaureate) en Iona is in jaar 9. Moya neem gereeld deel aan debatte en publieke toesprake en hierdie gogga het Iona ook gebyt. Iona help gereeld uit met die klankontwerp vir plaaslike konserte. Hulle is beide vrywilligers by hul plaaslike kerk en tree gereeld daar op.

Die pad vorentoe, sluit nog ‘n enkelsnitvrystelling in aan die einde van die jaar. Moya gaan ook binnekort Berlin toe om deel te neem aan die Model United Nations se konferensie, waaraan sy al vir 2 maande voorberei. Iona gaan agter die skerms werk by die skool se jaarlikse konsert.
SIXTEEN CANDLES is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Laai dit hier af: https://linktr.ee/moyaiona
SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/moyaiona
Instagram: https://www.instagram.com/moya.iona/
Webwerf: https://moyaiona.com/
TikTok: https://www.tiktok.com/@moya.and.iona
