TAPPUTI EGYPTIAN PERFUME OILS STEL NUWE GESIGTE VIR 2023 BEKEND: ’N VIERING VAN VROULIKHEID EN DIVERSITEIT

Pretoria, Suid-Afrika – TAPPUTI EGYPTIAN PERFUME OILS, wat luuksheid en elegansie versinnebeeld, is opgewonde om hulle nuwe gesigte vir 2023 bekend te stel en te verwelkom. Hierdie tradisie, om sterk en diverse Suid-Afrikaanse vroue as plaaslike handelsmerkverteenwoordigers te gebruik, het verlede jaar begin.

Foto krediet: Gerduan Kemp

In 2022, is Margit Meyer-Rödenbeck, Rozanne McKenzie, Danelle Liebenberg ElFar, Chané Grobler en Vourné Kgosinkwe gekies om Tapputi te verteenwoordig. Elkeen van hierdie vroue, wat ’n spesiale plek in dié handelsmerk se geskiedenis beklee, is ’n toonbeeld van grasieuse skoonheid en het die maatskappy se toewyding om vroulikheid en diversiteit te ondersteun bevestig.

Vanjaar verwelkom Tapputi met trots vir Zinhle Matthews (gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeester, skrywer, finalis in die Supreme Queen Global Earth Africa-kompetisie), Carla McKenzie (radio- en televisieaanbieder/ -vervaardiger), Anne-Maye Bam (finalejaarstudent in industriële sosiologie en arbeidsstudies aan die Universiteit van Pretoria), Alita du Plessis (eienaar en stigter van Purple Carrot Jewellery), en Danelle Liebenberg ElFar (publisiteitsbeampte, sosialemedia-inhoudskepper en beïnvloeder gebaseer in Egipte), wat hul groeiende versameling verryk en die kern van moderne vroue vaslê wat as leiers in hul onderskeie velde in Suid-Afrika en Egipte uitstaan.

Anita Du Plessis, Anne Maye Bam en Carla Mackenzi. Foto krediet: Gerduan Kemp

“By Tapputi het ons ’n diep bewondering vir die uniekheid wat elke vrou na die wêreld bring. Dit is in die manier waarop sy haarself dra, die vonkel in haar oë, en die grasie waarmee sy die lewe omhels. Ons glo dat elke vrou ’n meesterstuk is en die wêreld betower met haar menswees,” sê die kreatiewe span agter die handelsmerk.

Zinhle Matthews. Foto krediet Gerduan Kemp

Zinhle Matthews, wat ook die skrywer is van die kinderboek, My Family of Superheroes, wat positiewe denke by kinders bevorder en tans deelneem aan die Mev. Heelal 2024-kompetisie, sê: “Om een van die gesigte van Tapputi te wees, is so ’n voorreg, omdat dit my aan ’n gemeenskap van ongelooflike vroue voorstel wat elkeen besig is om hulle eie outentieke verhale te skryf. Wat ’n eer! Dankie, Tapputi.”

Tydens ’n pragtige fotosessie deur Gerduan Kemp Photography, is die nuwe gesigte van Tapputi vasgevang in helder wit skakerings om die ryk diversiteit van vroulikheid en die unieke betowering van die Egiptiese parfuumolies in uitgesoekte vintage-bottels weer te gee. Die handelsmerk is geïnspireer deur die ikoniese baanbrekersfiguur, Tapputi Belatekallim, die hoof van haar huis, die paleis, en die eerste vroulike chemikus in Babiloniese tye, wat die belangrikheid daarvan om vroulikheid en individualiteit te vier beklemtoon. Vroue vervul regdeur die jaar verskillende rolle – hulle staan aan die hoof van hul huishoudings, is leiers in die werkplek, en speel belangrike rolle in die maatskappye waarby hulle betrokke is. Hulle vasberadenheid en grasie weerspieël die gees van Tapputi.

Danelle Liebenberg El Far. Foto krediet Gerduan Kemp

Tapputi is op almal se lippe, polse en nekke. Almal praat daaroor en belê daarin, van bekendes en modebewustes, tot sakevroue, moeders en dogters. Dit is beslis die nuutste tendens, en as jy na die uitmuntende versameling van 17 A-graad, onverdunde, alkoholvrye Egiptiese parfuumolies in uitgesoekte vintage-parfumbottels kyk, verstaan jy dadelik hoekom dit so gewild is. Die handelsmerk se toewyding om ’n geur vir elke vrou aan te bied, word beklemtoon deur

hierdie diverse reeks parfumolies, wat elke vrou uitnooi om die siel en betowering van Tapputi te ervaar teen ’n bekostigbare prys.

Met hierdie jaarlikse tradisie bevestig TAPPUTI EGYPTIAN PERFUME OILS sy toewyding om diversiteit en vroulikheid te vier en vroue uit elke sfeer van die samelewing te bemagtig. Die handelsmerk hou aan ontwikkel en nooi almal uit om die betowerende mengsel van ouderwetse aantrekkingskrag en kontemporêre luuksheid te ervaar.

Mag die teenwoordigheid van hierdie merkwaardige vroue jou herinner aan die ongelooflike skoonheid waaroor elke vrou beskik.

Jou geur. Jou storie.

www.tapputioils.co.za

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebookhttps://www.facebook.com/TapputiPerfumeOils?mibextid=ZbWKwL

Instagramhttps://instagram.com/tapputi_belatekallim_fragrance?igshid=YmMyMTA2M2Y=

TikTok Webwerf –@tapputisouthafrica

MEDIANAVRAE:

Steve van Deventer

Sel: 082 571 5772

E-pos:  steve@tapputioils.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →