BESPREEK VIR STEFAN ENSLIN OM JOU GEMEENSKAP MEER TE KOM LEER OOR DIE ROLPRENTBEDRYF

Is jy gefassineer deur die glans en glorie van die rolprentbedryf? Droom jy daarvan om jou merk op die groot skerm te maak, agter die kamera of in die wêreld van storievertelling? Dan is daar goeie nuus vir jou!

Aspirant-filmmakers en -storievertellers van enige ouderdom, met ’n passie vir film en media, kan in 2024 die bekroonde Suid-Afrikaanse filmmaker, Stefan Enslin, bespreek om ’n eksklusiewe eendagwerkswinkel in hulle gemeenskap aan te bied.  

FILM IN EEN DAG is ’n praktiese en insiggewende sessie waartydens Enslin persoonlike staaltjies, bedryfsgeheime en wenke deel oor hoe om die opwindende wêreld van film te navigeer.

Deelnemers sal ook meer leer oor die verskillende rolle en loopbaanmoontlikhede in die bedryf en baat by praktiese raad oor hoe en waar om te begin om hulle drome te verwesenlik.

Om dinge nog meer opwindend te maak, sal belangstellendes wat hierdie werkswinkel vóór 10 Desember 2023 vir hul skool of dorp bespreek ’n ongelooflike 20% afslag op die aanbiedingsfooi ontvang.

Stefan is ’n gedrewe en passievolle filmmaker, skrywer, regisseur en draaiboekskrywer met meer as ’n dekade se ondervinding in die rolprentbedryf.

Oor die jare, het hy baie sukses bereik. Sy eerste roman, Verskietende Ster, is in 2013 gepubliseer, met die rolprentweergawe wat in 2015 gevolg het. Dit het die Gehoorgunsteling-toekenning by die gesogte Silwerskermfees gewen. Hy het sy tweede roman, Tweede Kanse, in 2018 gepubliseer.

Verder spog hy ook met ’n indrukwekkende lys flieks agter sy naam, insluitend Strikdas, Nul Is Nie Niks Nie, Liewe Kersfeesvader en Klein Karoo, en was hy een van die skrywers op Getroud Met Rugby. Op Soek na Reënboë, ’n kykNET-storiefilm waarvan hy draaiboekskrywer en regisseur was, het in 2022 verskyn. Hy het ook as lynvervaardiger gewerk op ’n Emmy-bekroonde dokumentêr vir CNN. Vanjaar is hy ook vir twee Suid-Afrikaanse Film- en Televisie-toekennings (SAFTAS) genomineer.

Tans is dié veelsydige man besig met verskeie opwindende projekte, insluitend The Heat ’n dokumentêr oor die wêreldbekende weltergewigbokskampioen Chris van Heerden, ’n film oor ’n vark wat skilder Pigcasso, en ’n dokumentêr oor Jacques Freitag. Daarbenewens is hy besig om een van sy lewenslange drome te vervul deur aan ’n nuwe roman, gebaseer op sy fliek Op Soek na Reënboë, te werk saam met die legendariese skrywer Maretha Maartens.

Met Stefan se kennis en ondervinding, bied hy voorwaar ’n unieke perspektief en hy is vasberade om met FILM IN EEN DAG die volgende generasie filmmakers te inspireer en te help om sukses te bereik.

Bespreek hom vandag nog om jou te leer hoe om die kuns van storievertelling op die groot skerm te bemeester! Kontak alishia@starburstmusic.co.za vir meer inligting.

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/stefanenslinofficial/

Instagram: @stefanenslin

Twitter: @StefanEnslin

Webwerf: www.stefanenslin.com

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES

Danelle Liebenberg El Far

Sel: 071 534 7796

E-pos: danelle@starburstmusic.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →