NÁDINE SE MOOISTE KERSFEES KLEURE OP ALBUM CHRISTMAS IN SOUTH AFRICA!

 “Christmas in South Africa” fokus op die multi-kulturele trots van die land deur Suid-Afrikaanse sangers saam te bring in die mooiste tyd van die jaar. “Christmas in South Africa” sluit Nádine se weergawe in van die legendariese John Lennon treffer “Happy X-Mas, War is Over”en ‘n unieke duet met die Bala Brothers in die tradisionele Wham treffer “Last Christmas”.

Hierdie is ‘n album wat sal uitstaan bo alle ander Kersfees albums, met talente wat kragte saamsnoer soos nog nooit tevore gehoor nie. Met Nádine in een van die mooiste winterliedjies “Let It Snow”of José Feliciano se bekende “Feliz Navidad”, is aanhangers gewaarborg op die kleurvolste Kersfees. “Christmas in South Africa” is die perfekte samevoeging van die fantasie rondom hierdie tyd en die grootste jaarlikse gebeurtenis -die hartroerende tradisionele geloofsverhaal waaroor Kersfees gaan. ‘n Wonderlike voorbeeld op die album is “Little Drummer Boy”.

In die buiteland sal“Christmas in South Africa” vir mense ‘n duidelike beeld gee van hoe Kersfees klink in Nádine se tuisland. Daar is ook pret en geluk in die son met die indrukwekkende Emo Adamsduet en ‘n oorspronklike weergawe van Shakin’ Stevens se“Merry Christmas Everyone”. Nádine verras ook met haar eie liedjie “Falling In Love At Christmas”.

“Christmas in South Africa” is ‘n album met asemrowende stemme en tonne treffer potensiaal. Die reënboognasie spog met al sy kulture en kleure van die reënboog, van Zulu tot Afrikaans, vir die hele wêreld om te hoor. Die Grammy bekroonde Soweto Gospel Choiren Nádine bied ook ‘n spesiale weergawe van Boney M se tradisionele “Mary’s Boy Child”asook ‘n byna acapella weergawe van die legendariese “Oh Holy Night”.

Dit is ook Kersfees in die son met Nádine en die Kaapstad talente, Die Broers, in “Something About Christmas Time”. ‘n Album met hartroerende juwele vir die mees opwindendste tyd van die jaar en ‘n indrukwekkende sonnige Kersfees!“Christmas in South Africa” van Nádine en vriende, beskikbaar op alle digitale platforms.

Link to digital platforms

https://hittmng.lnk.to/Christmas

Nádine social media platforms

https://www.facebook.com/Nadine.net/

https://www.instagram.com/nadinenet/

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →