“VAT NOG N KANS” VAT JOU VAN DIE BRAAIVLEIS VURE TOT OP DIE DANSVLOER!

Hierdie lied, geinspireer deur ’n lekker aand in ’n plaaslike vasdans klub vertel ’n verhaal van twee enkel- lopende jongmense wat besluit om ’n kans te waag en die hele nag saam te dans tot die son opkom. Almal van ons het op ‘n tyd in ‘n klub gesit en die meisie van ons drome raakgesien maar was te bang om die kans te waag om haar te vra vir ‘n dans, wonder net wat sou gebeur het sou ons
wel daai kanse geneem het?

“So kom ons Vat ’n Kans, en dans tot die son weer opkom”

Deon Human vat sy gehoor dansvloer toe met sy nuwe enkelsnit uitreikking!
Deon Human, ‘n talentvolle en veelsydige musikant, het sy nuutste enkelsnit, “Vat nog ‘n kans””, op Vrydag, 24 November 2023 op alle digitale platforms vry gestel. Hierdie vrystelling wat beloof om luisteraars van die braaivleis vure tot op die dansvloer te lok is Deon se derde vrystelling die jaar, “Ons is dors” asook “Party innibos” doen alreeds goed op digtale aanlyn luister platvorms.

Deon deel graag sy perspektief oor die liedjie;

Hy noem dat die Pop-musiek genre nog altyd ‘n groot voorliefde in sy loopbaan keuse was, sy unieke skryfstyl bekoor sy gehore met raakvat lirieke wat enige dansvoet sal laat jeuk. Deon noem hiermee saam dat hy nie eintlik die ballade tipe musikant is nie, alhoewel hy reeds beplan om ‘n diepper kant van homself bloot te stel in 2024, is dans musiek vir eers sy uitreikkings keuse aangesien hy elke dag voluit lewe en dit geniet as ‘n liedjie sy hele dag van donker na lig kan neem die oomblik wat hy daarna luister.

“So kom ons Vat ’n Kans, en dans tot die son weer opkom”

Hierdie lied, geinspireer deur ’n lekker aand in ’n plaaslike vasdans klub vertel ’n verhaal van twee enkellopende jongmense wat besluit om ’n kans te waag en die hele nag saam te dans tot die son opkom.

Almal van ons het op ‘n tyd in ‘n klub gesit en die meisie van ons drome raakgesien maar was te bang om die kans te waag om haar te vra vir ‘n dans, wonder net wat sou gebeur het sou ons wel daai kanse geneem het? Met aanloklike ritmes en ’n meesleurende melodie lyn, skep “Vat Nog ’n Kans” ’n atmosfeer van opwinding en avontuur in die hart van die dansvloer. Dis ’n liedjie wat jou voete verseker laat jeuk om op te staan en net ’n kans te vat en saam te beweeg met die opgewekte musiek wat oor die dansvloer se klankgolwe speel.

Inspirasie:

Die inspirasie vir hierdie liedjie het ontsaan uit eie ervaring waar Deon een aand self by ’n vasdans klub was en gesien het hoe die verhaal tussen twee jong mense afspeel.

Die storie wat hierdie lied vertel, is ’n universele een van hoop, moed, braafheid en om nie bang te wees om ’n kans te vat op daai spesiale dans met ‘n dame wat jy nie ken nie. “Vat nog n kans” is ‘n bewys van Deon Human se kreatiewe skryfstyl en hoe hy deur net op te let wat om hom aangaan in ‘n ware storieverteller kan verander wat saam met innoverende denke en diep emosionele verbintenis met sy musiek ‘n treffer kan skryf soos “Vat nog ‘n kans”. “Vat nog ‘n kans” is digitaal reeds beskikbaar, gebruik die onderstaande skakel vir jou gerief. https://deonhuman.fanlink.to/DH Deon Human nooi jou uit om saam met hom hierdie reis mee te maak en net iewers een aand ’n kans te vat en lekker te dans.

Vrystelling deur: Artist Village PRO – Ferdi J Steyn-Eicker Tel: 079 1455 701 Volg Deon Human op Sosiale Media Platvorms: Facebook – https://www.facebook.com/deonhumanmusic

Vrystellings datum: 24 November 2024

Label: Independent

ISRC Kode: ZAG852000001

Skrywers: Deon HumanProduksie: Ferdinand Skead / Skead Productions

Artist Village

Ferdinand J Steyn-EickerSkakelbeampte vir Top Kunstenaars
Sel: 079 1455 701
Epos:
ferdi@artistvillage.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →