C-Storm sluit sy jaar af met die uitreiking van ‘n lekker “tong-in-die-kies” liefdesverklaring … Wille Vy. 

Na ‘n suksesvolle jaar met ‘n paar toekennings soos onder andere AFRI INDIE se “Kontemporêre Liedjie van die Jaar” asook “Musiek Video”, sluit C-Storm sy jaar af met die uitreiking van ‘n lekker “tong-in-die-kies” liefdesverklaring … Wille Vy. 

“Ons almal is opsoek na daai perfekte lewensmaat, en gelukkig is almal se smaak darem ook verskillend, anders sou die ou wêreld darem maar vervelig gewees het” – vertel hy skertsend.

Hy noem dat die liedjie vertel van ‘n paar meisies wat op verskillende plekke bly met verskillende stokperdjies en persoonlikhede, maar al wat die kêrel in die liedjie op soek is na, is ‘n meisie wat tog wel net in sy hart wil kom bly – want daar is net genoeg plek daar vir hom en vir haar.

Waar die titelsnit, Wille Vy, vandaan kom, sê hy, “… dis eintlik maklik, ons mans sukkel soms om die skoner geslag te verstaan, maar net soos met ‘n wilde (wille) vy, moet jy eers die harde buitekant breek om by die lekkerte uit te kom … so ook is ‘n vrou, jy moet haar probeer verstaan, haar respekteer, haar gevoelens in ag neem, haar soos ‘n prinses behandel, en net dalk, en as sy wil, sal sy daai muur om haar hart afbreek en jou binne laat”

Alhoewel die liedjie-lirieke grappend oorgedra word, laat die lekker kitaarwerk, wat so uniek is aan C-Storm, sy eie musiekvertolking doen om Wille Vy bo aan die lys te plaas as een van 2023 se beste luisterliedjies, perfek is vir daai lekker somervakansie kuierdae, en wat ook beslis ‘n paar langarm dansoomblikke sal ontlont.

SangerLiedISCRPublishing
C-StormWille VyZAOMQ2300003CD Baby

Vir meer inligting kontak
tania@tfpromosies.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →