Inbetween Band – Bekendstelling van “Jou Song”: ‘n Hartlike ballade van liefde en konneksie

Ons is opgewonde om die vrystelling van “Jou Song” aan te kondig, ‘n oorspronklike
liefdesballade wat beloof om harte aan te raak en by gehore wêreldwyd aanklank te vind.
Hierdie boeiende liedjie, gespeel deur Chantelle Gouws (sangeres), Nathalie Harding (guitarist),
Justine Harding (bassist) en Stacy Harding (drommer) vier die krag van liefde en konneksie.

Met hartlike lirieke en ‘n melodie wat aan die siel ruk, is dit ‘n lied wat spreek tot die diepte
van emosie wat twee mense kan deel.

Chantelle Gouws, die skrywer agter “Jou Song,” het gedeel: “Hierdie liedjie is ‘n bewys van
die pragtige verbindings wat ons in die lewe maak.”

Moenie uitmis op hierdie besonderse musikale reis nie. “Jou Song” is gereed om die wêreld
te “serenade” met sy melodie van liefde, en dit is ‘n moet-luister vir almal wat glo in die krag van ware liefde.

Olka Bolka het bietjie met die meisies van Inbetween Band gesels:

Vertel ons lesers kortliks oor julle waar jy gebore is ens.
Ons is n all girls band wat in Desember 2021 begin het in n klein
dorp Meyerton
Net 2 van die lede is al uit die skool uit. Chantelle studeer Sielkunde en
Kriminologie by die Universiteit van Pretoria en Nathalie werk tans saam
met kinders en gaan volgende jaar onderwys studeer
Justine is in hoërskool Dr malan en Stacy is in laerskool Republiek


Wat doen julle behalwe musiek?
Ons stokperdjies sluit alles in van lees en kuns na sport en drama


Vertel my van julle nuutse enkelsnit?
Hierdie liedjie is geskryf oor die krag van ware liefde! Wat kan ons sê?
Ons is ‘hopeless romantics’.
Ons oorspronklike liedjies word geskryf deur ons sangeres, Chantelle.


Is daar ‘n liedjie wat vir julle uitstaan wat jy opgeneem het?
Definitief ons eerste oorspronklike liedjie, Jou song. Dit was die
belewenis van ‘n leeftyd!


Enige stokperdjies?
Ons as band hou daarvan om saam musiek te luister in die kar terwyl
ons net rond ry en dan nou en dan by KFC te stop

Wat is jul musiek genre?

Ons hou baie van poprock musiek ons hou ook baie van outydse rock
musiek.

Wat het julle na Matriek gedoen?

Net 2 van die lede is al uit die skool uit. Chantelle studeer Sielkunde en
Kriminologie by die Universiteit van Pretoria en Nathalie werk tans saam
met kinders en gaan volgende jaar onderwys studeer ,Justine is in hoërskool Dr malan en Stacy is in laerskool Republiek.


Vertel ons iets wat niemand van julle weet nie?
3 van ons band lede is susters

Vertel my van julle nuutse enkelsnit?

Hierdie liedjie is geskryf oor die krag van ware liefde! Wat kan ons sê?
Ons is ‘hopeless romantics’.

Wat verkies julle om Afrikaans of Engels te sing?

Ons is baie gemaklik met altwee tale en die een staan nie uit bo die
ander nie.


Wat inspireer julle?
Definitief al die ander kunstenaars wat trots Afrikaans is.


As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit
wees en hoekom?

Ons band is mal oor Zaan Sonnekus, want sy energie is absoluut
elektries en ons love sy musiek.


Watse raad sal jy iemand gee wat nou in jou bedryf wil begin?
Om geduldig te wees met jouself en jou passie tot die beste van jou
vermoë uit te leef.


Enige snaakste of benoude oomblikke tydens konserte?
Chantelle het al woorde van ‘n liedjie vergeet en haar eie woorde
opgemaak!
Ons het al ook net begin iets baie random speel wat ons nog nooit
geoefen het nie maar die gehoor hou baie daarvan

Enige stokperdjies?

Ons as band hou daarvan om saam musiek te luister in die kar terwyl
ons net rond ry en dan nou en dan by KFC te stop


Wat is op jul emmerskoplys? (Bucket List)
Chantelle – Om by Liefde by die Dam op te tree!
Justine – om eendag te skydive
Nathalie – om Europa te toer
Stacy – saam dolfyne te swem


Wanneer verjaar jy?
Chantelle – 26 Oktober
Nathalie – 17 Januarie

Justine – 3 Augustus
Stacy – 12 Mei

Waarvan hou julle niks – noem 4 dinge.
Chantelle – mense wat hul voete sleep
Justine – om laat te wees
Nathalie – die koue 
Stacy – om huiswerk te doen


Wat is jou gunsteling:
Tipe Musiek
Chantelle – poprock musiek
Nathalie – poprock of old rock and roll
Justine – Afrikaans musiek
Stacy – Afrikaans en pop
Sangers
Chantelle – Zaan Sonnekus
Justine – Elandre
Nathalie – Bobby van jaarsveld
Stacy – Barto
Band
Chantelle – Spoegwolf
Justine – rooksien
Nathalie – Spoegwolf
Stacy – Droomsindroom
Gunsteling liedjie
Chantelle – Ek kan net bid 

Nathalie – simply the best -Tina turner
Stacy – H2O
Justine – asseblief deur Elandre
Rolprent
Chantelle – Vir Altyd
Nathalie – A dog’s purpose
Justine – pad na jou hart
Stacy – Feel the beat
Akteurs
Chantelle – Donnalee Roberts en Ivan Botha
Nathalie – Cindy swanepoel
Justine – Christel van den Berg
Stacy – Peyton list
Reeks
Chantelle – Binnelanders
Nathalie – Grey’s anatomy
Justine – Diepewaters
Stacy – Diepewaters
Kos en drankie
Chantelle – Dumplings en sjokolade melkskommel
Nathalie – see kos en cream soda
Justine – pasta en ice koffie
Stacy – burgers en milkshake
Ontspanning

Chantelle – Ek hou van koffie drink saam vriende op kampus
Nathalie – musiek te luister en bybel lees
Justine – rustig wees by die huis en net niks doen
Stacy – TV kyk of slaap
Boek
Chantelle – It ends with us deur Colleen Hoover
Nathalie – The last train to Memphis deur Peter Guralnick
Justine – nineteen letters deur Jodi Perry
Stacy – Tomas
Vakansie bestemming
Chantelle – Greece en Bali!
Nathalie – enige plek by die see
Justine – Mozambique
Stacy – die bos
Kleur
Chantelle – My gunstelling kleur is geel
Justine – my gunsteling kleur is groen
Nathalie – my gunsteling kleur is ligte blou
Stacy – ek hou van blou
Waar kan mense jou kry en volg?
Op alle sosiale media platforms soos Instagram, Facebook, Tik tok en
Youtube by InBetween Band

https://distrokid.com/hyperfollow/inbetween4/jou-song

NaamTitelISRCPublisherSkrywer
Inbetween BandJou SongQZTB52346807SAMROChantelle Gouws

Vir meer inligting kontak tania@tfpromosies.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →