NÁDINE VERRAS MET SPLINTERNUWE POPLIEDJIE

Nádine lei die somer in, met haar vars, nuwe treffer, “Elevated Love”. Die liedjie is geskryf in Swede (Chris Wahle – Samuel Engh), vervaardig in Nederland (Stas Swaczyna – Elke Tiel) en beskik oor die perfekte potensiaal om ‘n groot radio treffer te word. Dis ‘n liedjie wat in mens se kop sal bly vassit, nadat jy dit die eerste keer gehoor het.

Die kontemporêre produksie en treffer melodie, is beslis die saamsing-nommer van die somer. Nádine gee die liedjie ‘n persoonlike aanslag, met sterk lirieke: “Elevated Love” is ‘n lied waarmee almal kan identifiseer, vanuit hul eie lewe, en dit kan selfs ‘n bron van inspirasie en krag vir mense wees. As ek mense kan krag gee deur my musiek, maak dit my ongelooflik gelukkig.

RELEASE “ELEVATED LOVE” DECEMBER 1 BY UNIVERSAL MUSIC SOUTH AFRICA

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →