HENCK CONREY EN ANDRE LOTTER STEL MUSIEKVIDEO VRY!

Die talentvolle en populere groep, MAN, wat bestaan uit Henck Conrey en Andre Lotter, het met hulle nuutste enkelsnit, Vuur en Vlamme, groot sukses behaal – en nou is die musiekvideo van die treffer hier!

VUUR EN VLAMME, uit die pen van Hugo Ludik en Nick Jordaan, spog met ’n internasionale klank en is soos ’n vars energieke briesie in die plaaslike popmark.

Hierdie sensuele snit ondersoek die tema van die versoeking wat jy in die gesig staar wanneer jy aangetrokke voel tot iemand wat jy weet nie reg is vir jou nie. Die lied beloof om die luisteraar op ’n opwindende reis te neem deur die kompleksiteit van liefde en begeerte.

Dié video, vervaardig deur die talentvolle Gerduan Kemp, is op verskeie plekke in Pretoria verfilm. Onder andere by Henck se huis, Menlyn Maine en in kantore. Instede daarvan om gewone vuur en vlamme te gebruik in die video, wou hulle eerder die gevoel van vuur en vlamme inbring met die gebruik van ligte.

Die twee vroulike akteurs in die video is Hildegardt Whites, bekend vir haar rol in 7de Laan en Lize-Marie Botha, wie Henck ontmoet het op een van sy programme, Dr. Nou.

Met die verfilming van die musiekvideo, was daar baie onverwagse en snaakse oomblikke. “Gerduan het vir my uit die bloute gevra om my hemp uit te trek vir die video. Ek was so onkant gevang, want dit was glad nie in die beplanning gewees nie. Ek het toe besluit ek gaan dit doen want ek is nou besig met Body 20 vir n paar maande. Ek was vreeslik senuweeagtig,” verklap Henck.

Die musiekvideo het op 10 Desember 2023 op Fiks of Niks op kykNET  vrygestel en is nou aanlyn beskikbaar.

Kyk die video hier: https://youtu.be/N-sgRSw2z-0

SOSIALEMEDIASKAKELS:

HENCK CONREY:

Facebook: https://www.facebook.com/profile.php?id=100044426000593

Instagram: @henckconray

TikTok: https://www.tiktok.com/@henckconrey?_t=8dsAAcHhfSX&_r=1

ANDRÉ LOTTER:

Facebook: https://www.facebook.com/profile.php?id=100044563113834

Instagram: andrelotter

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES

Danelle Liebenberg El-Far

Sel: 071 534 7796

E-pos: danelle@starburstmusic.co.za

Webwerf: www.starburstmusic.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →