NEIL SANDILANDS SING DUET MET TARRYN LAMB

Bekende internasionale akteur, sanger en liedjieskrywer, Neil Sandilands span kragte saam met die lieflike en talentvolle sanger, Tarryn Lamb en die resultaat is ‘n meesterstuk. “Kômmôsêdiesê” is geinspireer deur ‘n ervaring op stel tussen Neil en ‘n bekroonde Spaanse akteur.

Bekende akteur, sanger en musikant Neil Sandilands het absoluut geen bekendstelling nodig nie en alhoewel meeste van ons vir Neil onthou as “Bart” van 7de-laan faam, het hierdie talentvolle man ook begin naam maak met sy unieke musiek-styl. 

Neil is terug met nog ‘n enkelsnit vanaf sy album, hierdie keer ‘n duet met die lieflike Tarryn Lamb
Kômmôsêdiesê is ge-inspireer deur ‘n ervaring op-stel waar Neil met ‘n Spaanse akteur.

Iewers in die Covid-jare het ek myself in die oerwoud neffens Coba, Meksiko bevind. Plek van Tarantulas, Spinnekop-Ape, varswatergrotte en natuurlik die Mayan Piramides. Op ‘n filmstel,” vertel Neil Sandilands.

Dis ook waar ek redelik siek geword het van die Delta Variant. Ek het saam met tradisionele Mayan-mense gewerk, asook die bekroonde internasionale Spaanse akteur, Daniel Garcia. Ons kon mekaar nie verstaan nie, maar met behulp van ‘n tolk kon ek vasstel dat die Spaanse uitspraak van “Hoe sê mens dit?”, klink soos geassimilleerde Afrikaans – “Kômmôsêdiesê”. Dit word eintlik só gespel: “Como se dice”, maar vir my Afrikaanse ore het dit geklink soos “Kômmôsêdiesê”… Kom ons praat dié ding,” voeg die kunstenaar by.

Dié duet, met die soel stem van Tarryn Lamb, is geïnspireer deur dié ervaring, in Meksiko.

Dit handel oor my atomiese-tipe bestaan en die ewige hunkering. Dis miskien teweeg gebring deur die noue skouerskuur met my eie “mortaliteit”. Ek onthou dié tyd se pragtige fatalisme.

Die enkelsnit, “Kômmôsêdiesê”, is beskikbaar op die album “Allegaarkie vir ‘n Askeet”.

Laai dit hier af: https://linktr.ee/neilsandilands

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/realsandilands

Instagram:   https://instagram.com/realsandilands

YouTube: https://youtube.com/@neilsandilands-artist

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES

Alani Coetsee

Sel: 072 442 6918

E-pos: alani@starburstmusic.co.za

Webwerf: www.starburstmusic.co.za

Vriendelike groete,

STARBURST PROMOTIONS
Alani Coetsee – PUBLICIST

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →