MALINDI IS TERUG MET ‘N SPLINTER NUWE ENKELSNIT COLLATERAL DAMAGE..

Na jare se eksperimenteer met verskillende style, keur Malindi nou terug na haar “country roots,” en neem sy die waaghalsige sprong van liedjieskrywer na kunstenaar.

Tydens die pandemie het Malindi voltyds musiek geskryf en gesing op ander skrywers se demo’s – enigiets wat sy kon en moes om die

rekeninge te betaal. Al het sy baie geleer en baie gegroei, het sy begin besef dat iets in haar verander het. In die verlede het sy geskryf

omdat sy iets belangrik gehad het om te sê. Musiek was haar stem; nie bloot ‘n produk wat iemand sou wou koop nie.

In 2022 het Malindi besef dat sy steeds baie het om te sê, en dat sy dit wou doen in die taal wat die hardste met haar praat – country musiek.

Sedertdien is sy en musiekregisseur Rob Wells (wat spog met krediete soos Justin Bieber, Ariana Grande, Selena Gomez en vele meer) hard aan die werk aan haar debuut-EP getiteld Flannel.

Collateral Damage is die eerste enkelsnit vanaf die EP, en sy skop beslis af met ‘n “bang”!

Dié liedjie, sê Malindi, is geskryf in haar “villain-era,” en is ‘n PSA vir elke man wat dink dat vrouens se lewens om mans draai.

“Ons weet wat ons werd is – ons het nie meer tyd om mans se ego’s te streel nie!”

Collateral Damage is net die begin van die reis waarop Malindi van plan is om ons te neem.

Daar is nog baie lekker lag, lekker huil, en saam sing uit volle bors wat wag, so “buckle up, giddy up, and watch this space!”

SangerLiedISRCPublisherSkrywer
MalindiCollateral DamageQZFYZ2472684SAMRO en BMIMalindi Burden / Terry Grew

Vir meer inligting of onderhoude kontak Tania tania@tfpromosies.co.za of 0721942794

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →