LAAT DIE PRET BEGIN MET MARIETJIE DU PLESSIS SE JONK VAN GEES TREFFER, ‘NET ‘N NOMMER’

Marietjie du Plessis se splinternuwe enkelsnit, “Net ‘n Nommer,” is ‘n kragtige lied wat die tydlose boodskap mooi vasvang dat ouderdom slegs ‘n nommer is. Deur die opbeurende melodie en geesdriftige lirieke moedig die lied luisteraars aan om los te breek van samelewingsverwagtinge en die vreugde van die oomblik te omhels, ongeag van ouderdom.

“Net ‘n Nommer” is geskryf en gekomponeer deur André van Wyngaardt, en die lied pas perfek by Marietjie. Sy wou ‘n lied hê wat by haar sou pas, veral omdat sy ‘n bietjie ouer is, maar sonder om deur ouderdom teruggehou te word. Van Wyngaardt het die perfekte klankveld geskep om die kernboodskap van Marietjie se visie oor te dra. Die lied omarm die idee dat ouderdom slegs ‘n getal is en dat dit nie ‘n hindernis hoef te wees nie. Deur die meesleurende melodie en treffende lirieke bied “Net ‘n Nommer” ‘n aansteklike viering van die lewenslus wat bly voortduur, ongeag van die aantal kersies op die koek. Hierdie lied is nie net ‘n kunstige samevoeging van musikale elemente nie, maar ook ‘n persoonlike uiting van haar lewensfilosofie wat sy deur hierdie treffende komposisie met haar gehoor deel.

Vir Marietjie du Plessis van Montana in Pretoria, is die woorde ‘n slagspreuk. “Van my kinderdae af is dit my passie om te sing, dans en toneel te speel, maar sang is definitief my nommer een,” vertel Marietjie. Haar se gesin is vir haar baie belangrik en haar man se ondersteuning beteken vir haar baie. Hierdie ma en ouma sit egter nie stil nie en volg wat die Hemelse Vader op haar pad sit.

Marietjie du Plessis het onlangs teruggekom van ‘n vyf weke toer wat Port Alfred, PE, Jeffreysbaai, George en Mosselbaai ingesluit het, met 13 konserte wat indrukwekkend was by aftreeoorde om haar nuwe album bekend te stel. Haar doelwit is nou om die album vry te stel, maar by groter geleenthede, soos private funksies en waar mense sal hou van die tipe liedjies op die album. “Musiekfeeste self sal fantasties wees met baie mense en ‘n groot verhoog met uitstekende klank,” verduidelik sy. Marietjie sien uit daarna om haar musiek te deel met ‘n wyer gehoor en om die opwinding van haar nuwe album op groter platforms te deel, wat ‘n nuwe hoofstuk in haar musikale reis verteenwoordig.

Marietjie du Plessis se Splinternuwe Enkelsnit “Net ‘n Nommer” dien nie net as ‘n viering van die jeugdige gees binne elke individu maar  beklemtoon die idee dat ‘n mens nooit te oud is om pret te hê en die lewe ten volle te geniet.

NET ‘N NOMMER

Artist: Marietjie Du Plessis

Composer: André van Wyngaardt

Publisher: DNA Musiek

ISRC-Code: GX5MY2332539

“NET ‘N NOMMER” is Nou Beskikbaar op Apple Music, iTunes, Spotify, YouTube, Deezer, Amazon Music en nog vele meer.

Laai dit gerus hier af https://song.link/NetnNommerMDP

VOLG MARIETJIE DU PLESSIS NOU OP:

Facebook – https://www.facebook.com/marietjie.dpl

VIR MEER INLIGTING OOR DIE ENKELSNIT / KUNSTENAAR / ONDERHOUDE, KONTAK:

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →