EGIPTIESE PARFUUMOLIE-HANDELSMERK BETOWER MET NUUTSTE ADVERTENSIEVELDTOG, AFGENEEM EN VERFILM IN EGIPTE

TAPPUTI EGYPTIAN PERFUME OILS se splinternuwe Valentynsveldtog, “Get Set For LOVE”, afgeneem en verfilm teen die betowerende agtergrond van Port Said in Egipte, slaan asems weg met die pragtige foto’s deur die internasionale artistieke regisseur en fotograaf Dina Yosry.

Om die hart van Egipte weer te gee, het TAPPUTI hierdie asemrowende Valentynsfotosessie gedoen in die magiese land van die faro. Die span agter die handelsmerk, wat vasberade is om Suid-Afrikaanse kliënte met ’n tikkie Egiptiese inspirasie te bederf, glo dat niks die natuurlike lig en betowering van hierdie bestemming kan oortref nie.

Yosry, wat bekend is daarvoor om die essens van Egipte se bekoring vas te vang, kry dit reg om met elke foto die handelsmerk se identiteit perfek oor te dra. Haar kreatiwiteit, stilering en noukeurige beplanning, gekombineer met die kundige vaardighede van die grimeerkunstenaar, Rahma Elshamy, verleen nie net ekstra glans aan die eindproduk nie, maar gee ook lewe aan TAPPUTI se unieke veldtog. Dit was nog nooit so maklik om jou hart te verloor nie…

Die internasionale Egiptiese model en sportster, Youssef Elezaby, wat verbind word met handelsmerke soos COLONEL en Givago, die Egiptiese model Rola Khater en die Suid-Afrikaanse model en beïnvloeder Danelle Liebenberg El-Far is in dié fotosessie te sien. Liebenberg El-Far, wat van die begin af deel is van TAPPUTI in Suid-Afrika en wat nou permanent in Egipte woon, is tans besig om groot opgang te maak as internasionale model en beïnvloeder in die Midde-Ooste.

“Oor die afgelope jaar en ’n half, het TAPPUTI ’n sensasie geword onder bekendes soos Anneline Kriel, Kelly Khumalo, Rozanne McKenzie, Chané Grobler, Margit Meyer-Rödenbeck en baie ander mans en vroue regoor Suid-Afrika wat versot geraak het op TAPPUTI se luukse produkte. Ons lewer ’n unieke en outentieke A-graad Egiptiese parfuumolie, wat verpak is in die mooiste vintage-glasbottels, teen bekostigbare pryse. So het ons dit reggekry om hierdie olie binne die bereik te plaas van elke man en vrou daar buite. Jy kan nou styl, elegansie én luuksheid bekostig,” sê die kreatiewe span agter TAPPUTI.  

Met hierdie fotosessie en veldtog, stel TAPPUTI ook sy nuutste skepping bekend, net betyds om die maand van liefde te vier – Tahara Pink Musk kombineer die soet geur van muskus met ondertone van vars roos en verfrissende appel. Dit is ’n lekkerruik-simfonie wat ontwerp is om te bekoor en te betower.

Met die nuutste toevoeging spog dié hoë gehalte reeks nou met 23 unieke oorspronklike Egiptiese paarfuumolies, wat Tapputi Man insluit.

Die siel van Egipte is in TAPPUTI vasgevang en kliënte kan beslis uitsien na nog meer visuele avonture wat hulle sal wegvoer na die hartjie van hierdie besonderse land.

OPKOMENDE BYEENKOMSTE: 

THE STYLE LOFT Eid Edition

22 – 25 Februarie 2024

VENUE ON 5TH

Sandton

https://www.facebook.com/profile.php?id=100064943460112&mibextid=ZbWKwL

https://www.instagram.com/thestyleloft.sa?igsh=MTF6YXp2NW8ybW53cA==

EIDFEST HALAL-INKOPIE-EKSPO

29 Februarie – 3 Maart 2024

GALLAGHER-KONVENSIESENTRUM

https://www.facebook.com/Eidfest.Gallagher?mibextid=ZbWKwL

https://www.instagram.com/eid.fest?igsh=bGEwcmoydDdleDRx

PRETORIA SE VINTAGE & DÉCOR-SKOU

21 Maart 2024

CBC OLD BOYS CLUB

Groenkloof, Pretoria

https://www.facebook.com/PretoriaVintageShow?mibextid=ZbWKwL

https://www.instagram.com/pretoria_vintage_show?igsh=OXdyZ3J0c2trZ2hq

Waar om TAPPUTI te kry:

TAPPUTI EGYPTIAN PERFUME OILS kan aanlyn gekoop word by www.tapputioils.co.za.

Beskikbaar by die volgende winkels:

Bespoke Gifts & All – Pretoria, Waterkloof Ridge

https://www.facebook.com/BespokeGiftsAndAll?mibextid=ZbWKwL

Beachsand Interiors for Coastal Living:

https://www.facebook.com/BeachsandZA?mibextid=ZbWKwL

TAKKE:

Kaapstad

Knysna

George

Mosselbaai

The Beach Fairy – Langebaan

https://www.facebook.com/beachfairy?mibextid=ZbWKwL

The Coral by Beacon Island Hotel – Plettenbergbaai

https://www.facebook.com/profile.php?id=100087068246109&mibextid=ZbWKwL

La Exquisite – Klerksdorp

https://www.facebook.com/profile.php?id=100089002218642&mibextid=ZbWKwL

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebookhttps://www.facebook.com/TapputiPerfumeOils?mibextid=ZbWKwL

Instagramhttps://instagram.com/tapputi_belatekallim_fragrance?igshid=YmMyMTA2M2Y=

TikTok – @tapputisouthafrica

Webwerfwww.tapputioils.co.za

Kontakinfo@tapputioils.co.za

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES

Gizela Sharim

Sel: 083 399 6869

E-pos: gizela@starburstmusic.co.za

Webwerf: www.starburstmusic.co.za

Vriendelike groete,

STARBURST PROMOTIONS
Alani Coetsee – PUBLICIST

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →