MUSIKALE PRET MET ‘LIGGAAMPYN’: ANTON FITCHAT EN SHENLEY SKEP ‘N KOMEDIESE TREFFER!

Met ‘n unieke kombinasie van snaakse lirieke en aansteeklike melodieë, bied “Liggaampyn” ‘n verkwikkende musikale ervaring vir almal wat ‘n goeie lag waardeer.

Anton Fitchat en Shenley se samevoeging van hul musikale talente bring ‘n ligte atmosfeer na die lied, terwyl hulle terselfdertyd ‘n belangrike boodskap van bewustheid deur humor oordra. Die lied fokus op die kwessies van blind bewustheid en die humor van ouer word, wat ‘n unieke en verfrissende benadering tot musiek bied.

Hulle paaie kruis in die jaar 2012  by ‘n optrede vir “Retina for Sight SA”  en het tot hede vandag gereeld kontak met mekaar gehad. In die jaar 2023 het Shenley en Anton Fitchat ‘n splinternuwe klankbaan daarvoor laat bou, dit laat verwerk en saam met Shenley dit opgeneem.

Hierdie liedjie is ‘n dialoog tussen ‘n blinde kleinkind en ‘n ouma wat gesels oor hulle uitdagings, die ouma met pyne en kwale, en die blinde kind oor hoe hy met ‘n brailleboek moet sit en studeer eerder as wat hy toegelaat word om ander pret te hê.

Shenley Pretorius is ‘n blinde sangeres vanaf Orania. Sy sing en speel klavier vandat sy baie jonk is. Sy het grootgeword saam met haar ma en ouma.

Shenley het altyd met haar ouma gesels en grappies en rympies gemaak in haar kinderdae . Sy is tans 25 jaar oud. Haar ouma het begin rympies maak oor al haar pyne, kwale en skete en Shenley het dit omskep in ‘n liedjie. Elke keer as haar ouma wou lag, het sy Shenley gevra om die liedjie vir haar te sing. Shenley was slegs nege jaar oud toe sy die liedjie geskryf het.

Shenley het die liedjie die eerste keer opgeneem by Sean Manley Studios in 2012, toe sy 14 was. In 2022 vra Anton vir Shenley of sy nog sing en of hulle iets pret saam kan doen en het daar en dan besluit op ‘Liggaampyn’.

Anton Fitchat is al van skooldae af versot op musiek en glo dat sy passie amptelik gevorm is gedurende sy koorjare op laerskool en na skool toe hy ‘n talent kompetisie gewen het en daarna sy droom begin najaag het. Anton is al sedert 2009 in die musiekbedryf en het al verskeie hoogtepunte in sy loopbaan bereik en verskeie toekennings verwerf.

In 2022 het Fitchat weer by Melomaan Musiek weggestap met die toekenning vir die “Beste Kinderliedjie” van die jaar vir die liedjie “Rooikappie”.  Ook in 2022 het hy saam met sy medeskrywer en goeie vriend, Dwayne Griffin, ‘n toekenning ontvang by die “Afri-Indie Onafhanklike Musiek Toekennings”, vir die beste liedjie in die kategorie “Groot Groep van die Jaar” vir die temalied van “Staan Sterk in Afrikaans”. In 2023 wen hy ‘n toekenning by die “Melomaan Toekennings” vir sy snitte “Boerejol in Afrikaans” asook vir die liedjie “Liggaampyn” saam met Shenley Pretorius.

‘n Enkeslsnit soos ‘Liggaampyn’ bewys dat musiek nie net ‘n bron van vermaak is nie, maar ook ‘n kragtige medium vir die uitdrukking van die menslike ervaring in al sy vorme.

“LIGGAAMPYN” is Nou Beskikbaar op Apple Music, iTunes, Spotify, YouTube, Deezer, Amazon Music en nog vele meer.

Laai dit gerus hier af https://dnamusiek.streamlink.to/LiggaampynAFSP

VOLG ANTON FITCHAT OP:

Facebook – https://www.facebook.com/AntonFitchat

Instagram – http://www.instagram.com/fitchatanton

YouTube – https://www.youtube.com/@antonfitchat9023

Webblad – www.antonfitchat.co.za

VOLG SHENLEY OP:

Facebook – https://www.facebook.com/ShenleyPretorius03

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →