SKOP DIE JAAR OP ’N HOË NOOT AF MET ’N SKRYFNET-KURSUS OF -WERKSWINKEL

Dis 2024 en hierdie kan die jaar wees waarop jy jou drome waar maak en uiteindelik daai boek skryf wat al so lank in jou kop broei.
Skryfnet het lekker kursusse en werkswinkels waarna jy in die eerste kwartaal van die jaar kan uitsien.


KREATIEWE SKRYFKUNS VIR SKOLIERE
Kinders wat passievol is oor skryf, sal baie waarde kry uit vanjaar se Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere-werkswinkel wat op 16 Maart 2024 (van 09:00 tot 15:00) by Maroela Media se kantore by die Voortrekkermonument plaasvind.
Dit is ʼn praktiese en prettige eendagwerkswinkel vir leerders tussen die ouderdomme van 12 en 18. Dit word aangebied deur die gewilde jeugverhaalskrywer Christien Neser.
Die werkswinkel fokus op die skryfproses, vertellerperspektief, skryfgenres, hoe om ʼn storie aanmekaar te sit en redigering van jou teks – alles wat jy nodig het om aan jou storie te begin skryf.
Kaartjies kos R700 per persoon. Na afloop van die werkswinkel, sal deelnemers ook ʼn sertifikaat van deelname ontvang.
Klik hier om kaartjies te koop. Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere – Die Winkel (akademia.ac.za)


SKRYF VIR GEMEENSKAPSMEDIA
Wil jy graag skryf oor die gebeure, sake en interessante mense in jou gemeenskap?
Kom leer dan hoe met ons gewilde Skryf vir Gemeenskapsmedia-kursus.
Ons maak jou touwys om vir jou gemeenskapskoerant, skoolkoerant, gemeente se nuusbrief of selfs jou plaaslike radiostasie te skryf oor die dinge wat vir jou gemeenskap saak maak.
Die kursus is ontwikkel deur Maroela Media se gesoute joernaliste en word aangebied deur Landi Slatter, ʼn vryskutjoernalis en dosent by Akademia wat voorheen vir Maroela Media en Rapport geskryf het.
Dié toeganklike 10-weke kursus is gemik op beginners én diegene wat reeds by gemeenskapsmedia, gemeentenuusbriewe, skoolkoerante of plaaslike radiostasies betrokke is.
Skryf vir Gemeenskapsmedia skop amptelik op 1 April 2024 met ʼn aanlyn verwelkomingsessie af en eindig op 10 Junie 2024.


Deelnemers wat die kursus voltooi, ontvang ʼn sertifikaat van Akademia. Inskrywings sluit op 28 Maart 2024. Koste beloop R4 250 per persoon. Klik hier om te bespreek. Skryf vir gemeenskapsmedia – Die Winkel (akademia.ac.za)

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →