Die sangeres Delmarie se jongste enkelsnit, heet, Sprei jou vlerke

Die sangeres Delmarie se jongste enkelsnit, Sprei jou vlerke, is ’n metafoor vir die  mitologiese Phoenix wat weer uit sy eie as gebore word.

Dié snit handel oor hoe om op te staan en weer oor te begin…

“Geen struikelblok is te groot om te oorkom nie, daar is altyd hoop,” vertel sy.

Delmarie het al as kind haar toetrede tot die Suid-Afrikaanse verhoë gemaak; haar pa het as musikant vir verskeie orkeste opgetree, en Nelmarie het gereeld haar verhoogdebuut as sangeres gemaak.

“Ek het letterlik op die verhoë en daaragter grootgeword, spot sy.

Delmarie beskryf haarself as sprankelend, talentvol, lojaal en liefdevol. “Ek sing ook al so lank as wat ek kan onthou.”

“Toe ek klein was het ek op alles wat hoogte gehad het geklim en met enigiets wat moontlik ’n mikrofoon kon voorstel in die hand kliphard gesing.’’

“Ek het my ouers en sibbe seker tot raserny gedryf,  maar ook oneindige vermaak verskaf.’’  

As jong volwassenes het sy twee Afrikaans enkelsnitte, Gee my ’n ster en Duisend keer uitgereik wat goed deur plaaslike en nasionale radiostasies ontvang is.

Sprei jou vlerke handel oor selfliefde, oor hoop wat wel bestaan hoewel jy net daarna moet soek.

Delmarie, wat ook die snit neergepen het, beskryf die snit as ’n “hartroerende liedjie wat ook ’n boodskap van hoop bring,”

“Daar is soveel mense daar buite wat ongelooflike hartseer en swaarkry beleef.

“Ek glo ons is almal daar om mekaar tye van nood en hartseer by te staan, mekaar op te lig en die stryd saam aan pak,“ vertel die ma van twee kinders.

Dit is waarom Sprei jou vlerke ook ’n dieper betekenis het; daar is steeds mense wat vir jou omgee.

Delmarie is ’n veelsydige kunstenaar wat met gemak tussen die verskillende genres kan beweeg. Sy is ook nie bang vir enige musikale uitdagings nie.

Haar lewensmoto is leef en laat leef  en dit is ook ’n leuse wat weerklank vind in Sprei jou vlerke wat dit ten doel stel om hoop vir almal te bring.

Delmarie se musiek sal nog vir lank nie uitgedoof word nie. Met haar eerlike, opregte en afgeronde musiek en lirieke sal sy aanhou om aanhangers van alle ouderdomme en agtergronde nader te trek.

Nico Benade van Exclamation Studios het die tegniese versorging van die snit gedoen.  

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →