‘STAAN STERK IN AFRIKAANS’ KONSERT 2024: ‘N EENHEID VAN AFRIKAANSE KLANK EN TROTS

20 APRIL 2024, AFRIFORUM TEATER – PRETORIA

Die bekende “Staan Sterk In Afrikaans” konsert, ‘n jaarlikse viering van onafhanklike kunstenaars in die Afrikaanse musiekindustrie, keer in 2024 terug na die verhoog vir ‘n aangrypende aand van musiek. Hierdie jaar se geleentheid vind plaas op 20 April 2024 by die AfriForum Teater in Pretoria.

Die konsert, bereik sy vierde jaar van bestaan en vuur as ‘n hoogs verwagte gebeurtenis op die Suid-Afrikaanse musiekkalender is, bring ‘n indrukwekkende samestelling van onafhanklike kunstenaars saam. Hierdie musikante, met ‘n passie vir die Afrikaanse taal en kultuur, gemeenskaplike doel – om saam te staan en ‘n boodskap van eenheid en nasionale trots oor te dra.

Die kern van die Staan Sterk In Afrikaans konsert is die oortuiging dat saam is ons sterker as een. “Hierdie geleentheid dien as ‘n platform vir onafhanklike musikante om hul kreatiwiteit te deel, hul stemme te laat hoor en saam” verduidelik die organiseerder, Anton Fitchat.

Die Staan Sterk In Afrikaans 2024 beloof ‘n opwindende vertoning te wees met indrukwekkende kunstenaars, soos Anton Fitchat, Mia, Karlien Husselman, Dihan, Dwayne Griffin, Saarkie, Tilly, Daniel Hoffmann, Tiffany Steyn, Franco Van Zyl, Marietjie Du Plessis, Melissa Van Jaarsveld, Ricardo Muller, Riempies, Sean Miles, Elzabi Buek, Gideon Van Vollenstee, Kosie Beukes, Carla-Lee, Renaldo, Marius D, 4Eva Young Band, JayCee-Crause en Morne Van Der Sandt. Die verhoog sal ook aangevul word deur die vaardighede van die ervare aanbieders Jaenette Jacobs, Ruan Sinden, en Liam van Vuuren, wat die aand se gees en energie sal aanstuur..

In hierdie skouspel van klank en gees, eer ons nie net die huidige generasie van kunstenaars nie, maar wys ons ook ons waardering vir die ryk erfenis van ons nasie, met ‘n besondere fokus op die oordrag van hierdie erfenis aan die volgende generasie. Elke jaar word daar ‘n huldeblyk aan ‘n kunstenaar gebring wat ‘n groot verskil gemaak het in die Afrikaanse Musiekbedryf, 2024 het ons die eer om hulde te bring aan Min Shaw.

Datum van optrede20 April 2024

PlekAfriForum Teater, Pretoria   |  Tyd: 19:00

Kaartjies is beskikbaar by www.afriforumteater.co.za

Ons nooi die publiek hartlik uit om hierdie opwindende aand van kreatiwiteit en eenheid by te woon.

Die Staan Sterk In Afrikaans konsert is ‘n belewenis van musikale vreugde, saamhorigheid en ‘n erkenning van die krag van selfstandige kunstenaars om ‘n impak te maak. Hierdie jaarlikse een aand gebeurtenis is vir elke Afrikaanse musiekliefhebber, waar ons saam staan, saam sing, en saam ons trots is op AFRIKAANS.

Vir verdere inligting of navrae, kontak asseblief:

staansterkinafrikaans@gmail.com | 061 415 7737


About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →