Henri Alant  se nuwe enkelsnit, My vir ewig, beloof om die voete op die dansvloer te laat klap.

Baie Afrikaanse sangers reik daagliks popliedjies uit wat óf ’n geween oor verlore liefde is óf ’n dansvloerplesiertjie wat “beloof om die voete op die dansvloer te laat klap.”

Maar die Pretoriase sanger Henri Alant slaag met sy jongste enkelsnit, My vir ewig, daarin om meer vir die luisteraar te bied as net popklanke en  “jukkerige voete.”

Trouens, die snit beklemtoon die feit dat ware liefde ontsterflik is en spreek die hoop uit dat twee geliefdes mekaar weer in ’n ander lewe sal ontmoet.

 Dit is ook nie net ’n gewone dansliedjie  wat in kuierkroeë gespeel kan word nie, maar ook regtig na geluister kan word. Dié lirieke tref diep en vertel ook die storie van elkeen se liefdesreis.

My vir ewig is ook ’n baie persoonllike liefdesbrief wat op ’n manier ’n ode aan Henri se geliefde is. “Ek het vir sewe maande aan lirieke vir verskillende liedjies gewerk, maar niks was goed genoeg om opgeneem te word nie. Skielik het alles net in plek geval; die emosies wat ek wou uitbeeld, die musiek en liriek het net ’n eenheid gevorm,” vertel hy.

En dit was dan ook die geboorte van My vir ewig – ’n snit wat  die verhaal van hoe twee minnaars in die verhouding gegroei het. Van hul jonger dae “…onthou toe ons jonger was, op die pad, geen slaap, geen matras… tot waar hul liefde die einde van hul seisoene saam bereik het…. “in ’n ander lewe sal ek weer vir jou wag.”

’n Musiekkenner beskryf die liedjie as ’n “eietydse en kragtige popballade waarin Henri se stem vir die eerste keer tot sy eie reg kom.”

“Ek weet nie waarheen die liedjie op pad is nie, maar dit is asof ek vir die eerste keer my siel aan die luisteraar ontbloot. Met die snit stel ek ’n kant van myself bekend wat niemand regtig ken nie.  Die snit is vir my ook sinoniem oor hoe ek die liefde sien en die geheime daar rondom verklaar,” verduidelik Henri. “Op die wyse en rype ouderdom van 40 kan ek myself ook met die snit vereenselwig.”

Hy het al voorheen duette saam met bekende sanger soos Rinel Day, Jennifer Zamudio en Stephan Visagie opgeneem, maar Henri is ’n kunstenaar in eie reg en sy stem is perfek geposisioneer om gemak tussen die verskillende C-note te beweeg. Dit is waarom sy stem pasknapperfek vir enige ballade of popliedjie is.

Musiekresensente het al na hom verwys as Suid-Afrika se stoute minnesangers (hoewel hy nie in die poniekoerante geboer het nie) wat redelik onderskat word; daar het al ook verskeie ballades uit sy pen verskyn.

Henri het sowat veertien jaar gelede sy debuut in die musiekbedryf met die album Cupid gemaak. Die album het op radiostasies se toptrefferlyste geboer en het bykans 10 000 eenhede verkoop. Hy is ook vir ’n Huisgenoot Tempo-toekenning as beste nuwe genomineer.

My vir ewig is ’n  radiovriendelike popliedjie waarby die jonger en ouer generasie sal aanklank vind.

Christie Schutte van Star Trax Studios in Pretoria het die snit tegnies versorg en vervaardig.

Dié jaar gaan ’n produktiewe jaar vir Henri wees; hy wil teen middel Maart nog ’n enkelsnit, Hungry Eyes, uitreik.

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →