REBORNE IS TERUG, EN AS JY MOOI TUSSEN DIE LYNE LEES, SAL JY SOMMER DADELIK SIEN, HIERDIE IS ‘N TREFFER.

Reborne, is opgewonde om ons nuwe enkelsnit met die wêreld te deel. Hierdie lied is nie net ‘n musikale uitdrukking nie, dit is ‘n boodskap van
selfontdekking en die belangrikheid van integriteit in ‘n wêreld waarin dit soms moeilik is om ware aan onsself te bly.

In ons nuwe enkelsnit, het ons die tema van selfidentiteit en oorspronklikheid aangeroer. Die lied neem luisteraars op ‘n reis deur die uitdagings
van die lewe, waarin ons dikwels in verskeie rolle moet inkantel en voorgee. Maar, deur die krag van die musiek, bring ons ‘n boodskap van hoop
en aanmoediging. Ons herinner luisteraars daaraan dat om trou te bly aan jou ware self, ongeag van die omstandighede, die sleutel is tot ware
vervulling en impak.

Die lirieke “as jy terug kyk en jy vergelyk, bly dit alles dieselfde” dien as ‘n kragtige herinnering aan die belangrikheid van innerlike konsistensie.
Dit moedig ons aan om te ondersoek of die persoon wat ons aan die wêreld wys, dieselfde is as die persoon wat ons in ons hart ken. Hierdie
introspeksie is noodsaaklik vir persoonlike groei en ‘n dieper verstaan van onsself.

Ons glo dat hierdie lied nie net ‘n melodie is om na te luister nie, maar ‘n boodskap wat diep in die harte van luisteraars sal inskakel. Ons hoop
dat dit mense sal aanmoedig om na binne te kyk, hul ware self te omhels en die wereld te verander deur die krag van hul eerlikheid en oorspronklikheid.

Met hierdie enkelsnit, wil Reborne nie net ‘n lied lewer nie, maar ‘n ervaring wat die siel raak en ‘n boodskap van selfliefde en waarheid versprei.
Ons sien uit daarna om ons musikale reis voort te sit en meer harte te raak met ons boodskap van hoop en selfontdekking.

Tussen die lyne is nou beskikbaar op alle digitale platforms:
https://distrokid.com/hyperfollow/reborne1/tussen-die-lyne

SANGERLIEDISRCPUBLISHERSKRYWER
ReborneTussen die LyneQZDA82402783VNG publishingChinel van der Merwe

Volg Reborne op sosiale media platforms:
Facebook: Reborneband
Instagram: Reborneband.1
Tik Tok: Reborneband
YouTube: Reborneband

WIE IS REBORNE?


ENERGIE, TALENT EN ROCK ‘N ROLL… ONTMOET VIR REBORNE

Reborne is afkomstig van die Vaal Driehoek, en bestaan uit 4 beste vriende wat almal twee groot passies in die lewe deel, MUSIEK en MENSE.

Chinel is die hoofsangeres, Gerard speel die elektriese kitaar, Werner baskitaar en Benji speel die dromme.

Die idee om ‘n band te begin het in 2016 onstaan. Die 2 Van der Merwe broers kom uit ‘n musikale huis uit en Chinel is van klein tyd af betrokke met musiek. Die 3 het besluit om ‘n band te begin met die naam Reborne.  

“Ons is nie ‘n “gospel” band nie, maar eerder doodgewone mense in ‘n band met ‘n naam wat “anders” is.” Vertel Gerard.  “Ons speel egter baie “old-school” musiek, maar ons eie styl neig meer na alternatiewe Afrikaans.
Ons is 4 beste vriende wat ons passie vir musiek vir niks sal verruil nie. Ons misie is om ons harte met mense te deel deur ons musiek, ‘n boodskap oor te dra en iets agter te laat.”

In 2018 het Benji by die band aangesluit, en die res is geskiedenis.  Van daar af sing hulle die hele land aan die brand met ongeveer 110 vertonings per jaar, en deel hul die verhoog gereeld met groot name soos
Spoegwolf, Francios van Coke, Jack Parrow, Danny Smoke,  Reën, Jo Black, Demi Lee More, Bernice West en vele meer.

In 2023 het hul die voorreg gehad om hul talente te gaan wys op groot TV programme soos Doodgewone Jo en Toks &Tjops.

Reborne word nou beskryf deur aanhangers as “die beste live band in SA”.

Vir meer inligting of onderhoude kontak:

Tania Fourie
0721942784
tania@tfpromosies.co.za
www.tfpromosies.co.za




About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →