ZANDER VAN WYK IS TERUG MET ‘N NUWE ENKELSNIT WAT SO REG SIT OP JOU OOR SOOS SOUT EN PEPER OP ‘N BRAAIBROODJIE

Elke persoon soek daai een persoon wat hulle vol maak.

Wat van dieselfde goedjies hou, sy Finkel en Koljander, sy Kettie en klip..
Om ‘n maatjie te kry wat jy alles saam kan doen, ‘n maatjie wat met een kyk presies weet wat jy dink…

“Ek het gesit en spook met die song, want dit is soms moeilik om die woorde te kry en eendag ‘n boodskap gesien waar goeie
vriende van my gesê het, ek is 9 en jy is die 1 wat my volmaak maak en dit het net sin gemaak.”  sê Zander

Zander is bekend vir sy unieke skryf styl.  Dis die manier wat hy liefde beskryf wat net “anders” sit as die norm.  Hy doen dit
weer met “Jy Is Gemaak Vir My”, hy druk al die regte knoppies in hierdie snit, en rond dit af met ‘n lekker melodie wat soos
‘n oorwurm oor en oor in jou kop speel. 

“Jy kan amper perfek wees maar sonder daai 1 sal daar altyd n leë plekkie wees.”  sluit Zander af.

Jy Is Gemaak Vir My is nou beskikbaar op alle digitale platforms, en gereed om ‘n plekkie op jou gunstelling speellys vol te staan. 

https://zandervanwyk.lnk.to/JIGVM

SangerLiedISRCSkrywerPublisher
Zander van WykJy Is Gemaak Vir MyZAFQQ2100002Zander van WykColeske Artist  

Vir meer inligting kontak

Tania Fourie
tania@tfpromosies.co.za
0721942794

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →