ZEHAN VENTER SING OOR ’N LIEFDESTELEURSTELLING IN EMOSIEBELAAIDE DEBUUT-ENKELSNIT

Omdat liefde nie altyd uitwerk soos dit moet nie, is dit maklik om seergemaak en teleurgesteld te wees wanneer die meisie van jou drome nie noodwendig dieselfde voel as jy nie.

Dit is juis hierdie lewensles wat die 13-jarige nuweling, Zehan Venter, se eerste enkelsnit geïnspireer het.

WAS IT EVEN SOMETHING is ’n emosiebelaaide popliedjie uit Chantel van Zyl se pen wat die storie vertel van ’n ou wat verlief raak op ’n vriendin saam met wie hy tyd spandeer. Wanneer sy egter nie sy boodskappe antwoord nie, besef hy dat sy aan beweeg het nie sy liefde deel nie.

“Ek het die liedjie gekies omdat ek aanklank vind by die boodskap,” verduidelik hy. “Ek dink dis heel gepas in ’n tyd waarin ons heeltyd op ons fone is, boodskappe stuur en herinneringe deel… en soms kan iemand jou begin uitsluit op sosialeplatforms en jou laat wonder of daar ooit iets was.”

Tertius Human van Coolerbox Studios het die liedjie vervaardig, terwyl Wian van der Walt aan die stuur van sake was van die musiekvideo.

Net soos die liedjie, vertel dié video ook ’n aangrypende storie wat op verskeie plekke in Johannesburg afspeel, waaronder Rietvlei, Capello Boksburg en Kempton Diner.

Kyk dit hier: https://youtu.be/ajH0b7A8jo0?si=6aFutaoz9L4WCIMa

Zehan, wat tans in Boksburg woon, het pas met hoërskool begin en is al van kleins af versot op musiek en om mense te vermaak.

Dié talentvolle jongeling het reeds op die ouderdom van vyf met formele sangopleiding begin en absoluut floreer onder die leiding van stemafrigters soos Chantel van Zyl en Corlea Botha.

Oor die jare, het hy aan verskeie kompetisies deelgeneem waaronder Pacisa, Conspirito, My Kids’ Rock en Kids with Talent SA 2022 waar hy as algehele wenner uit die stryd getree het. Verder het hy ook vyf goue en twee silwer medaljes gewen tydens vir Suid-Afrika tydens die Wêreldkampioenskappe vir uitvoerende kunste.

Buiten vir sing, het hy ook al sy verskyning op die kassie gemaak in 7de Laan en twee keer saam met Martin Bester op die radio gekuier.

Wanneer hy nie besig is om mense te vermaak of liedjies te skryf nie, geniet hy dit om te kook, dans en tyd saam met vriende en familie te spandeer.

Hy geniet dit ook om na ’n wye verskeidenheid musiek te luister en het groot bewondering vir kunstenaars soos Lana Del Ray, Stephen Sanches, Bruno Mars, Noah Kehan, Demi Lee Moore en Bredan Peyper.

Sy planne vir 2024 sluit in om goed te doen op skool, sy sangvernuf op te skerp, nuwe liedjies te skryf en vir homself ’n naam te maak in die plaaslike musiekbedryf.

Vir Zehan, is elke geleentheid ’n kans om te leer en homself te verbeter. WAS IT EVEN SOMETHING is maar net die begin van ’n baie opwindende belowende loopbaan vir hierdie hardwerkende jongman wat die wêreld met sy musiek wil verander.

Die snit is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Kry dit hier: https://vyd.co/Wasitevensomething

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/ZehanV

Instagram:  @zehan.venter_official

PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promosies

Alani Coetsee

Sel: 072 442 6918

E-pos: alani@starburstmusic.co.za

Webwerf: www.starburstmusic.co.za

Vriendelike groete,

STARBURST PROMOTIONS
Alani Coetsee – PUBLICIST

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →