MARIETJIE DU PLESSIS STEL ‘N SPLINTERNUWE KONTEMPORÊRE-TREFFER VRY

Marietjie du Plessis, ‘n welbekende stem in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, bring vandag ‘n nuwe enkelsnit uit, getiteld “As Jy Huil”, geskryf deur die befaamde liedjieskrywer Rudi Claase. Die liedjie beloof ‘n besonderse ervaring te wees vir luisteraars met sy aangrypende woorde en pragtige melodie.

Die verhaal agter hierdie liedjie is so mooi soos die lied self. Marietjie het ‘n wens gekoester om ‘n liedjie wat deur Rudi geskryf is, te sing, en sy het uiteindelik die geleentheid gekry om dit te verwesenlik. “As Jy Huil” is die perfekte pasmaat vir Marietjie se stem, en sy glo vas dat die publiek dit met ope arms sal ontvang. Die woorde van die lied vertel ‘n storie van onvoorwaardelike ondersteuning en liefde vir jou geliefde, soos dit treffend lui: “Ek is altyd daar om jou vas te hou”.

Die musiekvideo vir “As Jy Huil” is verfilm deur Eon De Bruin op die pragtige Whispering Tree Tops Venue in Centurion. Marietjie het spesifiek hierdie venue gekies om die atmosfeer van rustigheid en natuurprag vas te vang wat sy in die lied wou uitbeeld. Die kamera het tussen die bome beweeg, waar die sonlig deurskyn en die water ‘n gevoel van kalmte bring, terwyl Marietjie se vertolking van die lied die verhaal tot lewe bring.

Vir Marietjie du Plessis van Montana in Pretoria, is die woorde ‘n slagspreuk. “Van my kinderdae af is dit my passie om te sing, dans en toneel te speel, maar sang is definitief my nommer een,” vertel Marietjie. Haar gesin is vir haar baie belangrik en haar man se ondersteuning beteken vir haar baie. Hierdie ma en ouma sit egter nie stil nie en volg wat die Hemelse Vader op haar pad sit.  Marietjie sien uit daarna om haar musiek te deel met ‘n wyer gehoor en om die opwinding van haar nuwe album op groter platforms te deel, wat ‘n nuwe hoofstuk in haar musikale reis verteenwoordig.

Met ‘n nuwe enkelsnit soos “As Jy Huil” is Marietjie du Plessis reg om ‘n diep impak op die harte van luisteraars te maak met sy aangrypende boodskap en skouspelagtige musikale uitvoering.

“AS JY HUIL” is nou beskikbaar op Apple Music, iTunes, Spotify, YouTube, Deezer, Amazon Music en nog vele meer.

Laai dit gerus hier af: https://dnamusiek.fanlink.tv/AsJyHuilMDP

Musiekvideo: https://youtu.be/VrSP3OscSPs

VOLG MARIETJIE DU PLESSIS NOU OP:

Facebook – https://www.facebook.com/marietjie.dpl

VIR MEER INLIGTING OOR DIE ENKELSNIT / KUNSTENAAR / ONDERHOUDE, KONTAK

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →