Malindi beskryf haar nuwe enkelsnit, Flannel, as “five shades of country.”

Aan die begin van 2023 het Malindi twee enkelsnitte vrygestel: Collateral Damage, ‘n country-rock tune, en die pop-country liedjie, James. Albei hierdie liedjies verskyn op Malindi se nuwe EP, maar moenie ‘n fout maak nie – Malindi het nog baie meer om met ons te deel!

Malindi beskryf hierdie vyf-snit album as “five shades of country.” Elke snit op die EP het sy eie geur en styl, maar bly onder die sambreel van haar geliefkoosde genre. Die EP is ‘n weerspieeling van die klanke en kunstenaars wat die grootste impak op Malindi gehad het.

Flannel is opgedra aan ‘n lewenslange vriendin wat Malindi begin 2022 verloor het. Die titelsnit is geinspireer deur warm Namakwaland dae op ‘n perdeplaas buite Springbok, waar hulle vriendekring ‘n leeftyd se herinneringe saam gemaak het. Die liedjie deel die seer van rou, maar ook die mooi van liefhê. Malindi hoop dat die liedjie iets sal beteken vir elkeen wat iemand aan die dood moes afstaan en hulle sal vertroos, en dat Flannel vir alyd ons mees kosbare herinneringe van ons geliefdes sal wakker maak.

SangerLiedISRCSkrywerPublisher
MalindiLicking Your WoundsQZHN52451151Malindi BurdenSAMRO en BMI
MalindiCollateral DamageQZFYZ2472684Malindi Burden en Terry GrewSAMRO en BMI
MalindiFlannelQZHN52451152Malindi BurdenSAMRO en BMI
MalindiJamesQZDA82432773Malindi BurdenSAMRO en BMI
MalindiWalking AwayQZHN52451153Malindi BurdenSAMRO en BMI

Vir meer inligting of onderhoude kontak tania@tfpromosies.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →