CHRISTI SE NUWE MUSIEKVIDEO IS NOU BESKIKBAAR!

Die talentvolle sanger en liedjieskrywer, Christi, het onlangs haar debuut-album – Fall Apart – uitgereik, asook haar nuwe enkelsnit, LOVE BURN. ’n Musiekvideo van hierdie opgewekte liefdeslied is nou ook beskikbaar! 

“Nadat my langtermynverhouding tot ’n einde gekom het, het ek besef dat ek die persoon met wie ek uitgegaan het nie regtig geken het nie. Ek het die verhouding van sy kant af begin sien en dit wat uitgebeeld was, was baie anders as terwyl ons saam was. Net soos Taylor Swift, het ek my hartseer en teleurstelling omgesit in lirieke en ’n liedjie daaroor geskryf,” vertel sy oor haar vyfde enkelsnit.

Die musiekvideo is verfilm by ’n tweedehandse plaat- en CD-winkel, Microgram Music Traders, en is vervaardig deur die uiters bekwame en begaafde Gerduan Kemp.

“Ek is mal oor langspeelplate en versamel dit saam met my pa. Met die video wou ek wys wie ek is as ’n musikant en plate speel ’n belangrike rol in die manier waarop ek na musiek luister. LOVE BURN is geïnspireer deur Avril Lavigne en die musiekvideo ook. Ons het op ’n 2000’s-pop-rock-tema besluit, met ’n drie-man-orkes – Richardt Oliver (tromme), Mike Kitchener (bass) en PC Vermaak (kitaar) om dit ’n werklikheid te maak. Ek het ’n egte outentieke tweedehandse Y2K-rok gedra saam met klassieke Chuck Taylor-tekkies”, verduidelik sy.

Wanneer jy haar uitvra oor die storie agter die video, verklap sy: “Ek kyk na die musiek wat beskikbaar is in die winkel en verbeel my dat ek LOVE BURN, my eie liedjie, daar sing. Aan die einde besef ek dat dit net my verbeelding was. Vir my weerspieël dit hoe my drome om ’n sanger te word begin realiseer, maar dis steeds iets waaraan ek hard moet werk om dit te laat waar word.”

Kyk die video hier: https://youtu.be/YREIdMqgCsk

Soos met haar vorige musiekvideo, het sy gefokus op haar optrede om lewe in die musiek te blaas. “Ek hou daarvan om optredes te doen. Dis een van my gunsteling-dele van my musiekreis en ek wou die video gebruik om my liefde hiervoor uit te beeld,” voeg sy by.

Die album, FALL APART, en enkelsnit, LOVE BURN, is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Laai dit hier af: https://taplink.cc/christiimusic

LYS VAN SNITTE:

Drink

Happy

Sunday Afternoon

Online

Fall Apart

Rain

Shining light

Love Burn

Playing

Stand Up

One Step

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/christiimusic 

Instagram: @christii_music

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →