KATE ROK KOM NEEM HAAR PLEK IN…

Kate Rok lyk soos ’n donkerkop superster… met ’n Voortrekkerkappie… maar sy is simbolies van die sterk vroue wat sy bewonder, asook haar onwrikbare trots op haar kultuur en herkoms. Haar musiek is net so uniek en emosievol soos die vrou wat dit skep en sy bewys dit met haar eerste enkelsnit, MAANGENADE. Hierdie veelsydige musikant en liedjieskrywer, wat in Bethlehem gebore is en in Clarens woon, het nie nodig om ’n plek in die plaaslike musiekbedryf te kom verdien nie. Sy het eenvoudig haar plek vol selfvertroue kom inneem,…

Lees meer

Word wys met jou woordeboek en Taalmonument se ‘Skerpskryf in Afrikaans’ bied duisende rande vir Drakenstein-leerders.

Hierdie artikels is in Afrikaans en Engels – Engels verder af. Hoe knap kan jy vanuit Engels na Afrikaans vertaal? Want die tiende ‘Skerpskryf in Afrikaans’ – ’n skeppende skryfkompetisie vir graad 7-, 10-, 11- en 12-leerders van Drakenstein – is die perfekte plan vir maklike kontant in die hand. Inskrywings is boonop gratis, dus deelnemers kan net wen. Die kompetisie word aangebied deur die Hugenote Gedenkskool in Dal Josafat in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl. In 1883 was die gedenkskool die eerste skool…

Lees meer

Reggie Peace stel ‘n kragtige nuwe enkelsnit, The Struggle Is Over, vry.

Die Covid-19 pandemie het baie mense se lewens omver kom gooi die afgelope jaar. Dit het vir baie in ’n stryd ontaard om fisies, finansieel en veral emosioneel te oorleef. Reggie Peace vind hoop in Spreuke 23:7 en wil ander ook bemoedig in hierdie moeilike tyd met sy kragtige nuwe enkelsnit, THE STRUGGLE IS OVER.  Hierdie is die agtste oorspronklike snit uit Reggie se eie pen (waarvan vier reeds oor die radio gehoor kan word) en daar is ook nou ‘n musiekvideo beskikbaar op YouTube!   “Die liedjie het alles te doen…

Lees meer

Rinél Day dra nuwe enkelsnit op aan die man in haar lewe.

Liefde kan jou lewe verander. Dit kan jou dra in moeilike tye, hoop gee vir die toekoms en gelukkiger maak as wat jy ooit gedink het moontlik is. Hierdie lewensveranderende liefde is die inspirasie agter Rinél Day se splinternuwe Country-enkelsnit, waaroor bewonderaars net so mal gaan wees as wat sy is oor die man aan wie sy hierdie liedjie opdra. JY HET MY GERED is ’n liefdesliedjie wat sy vir haar verloofde (nou haar man), Shaun Walker, geskryf het net nadat hulle verloof geraak het. “Hy het tydens ’n baie…

Lees meer

Amor Vorster inspireer met woorde in sy gedigte.

Olka Bolka het vir Amor gevra om ons ‘n bietjie van homself te vertel. Gedigte het aan my begin groei so 33 jaar terug tydens my studentedae. Ek het net gaan sit en my gedagtes op papier begin neerpen. Na ‘n paar traumas in my lewe, het die “dig-gogga” my behoorlik gebyt. Seker om sin iewers in myself te soek?!  My eerste “resensie” is gedoen deur ons enigste(toe) oorlewende groot-oom, Harry Vorster. Ek het toe nog net so 25 gedigte geskryf en hulle aan hom voorgelê,  terwyl ek by hom…

Lees meer

Angelique se eerste Engelse enkelsnit – Safe outside

Die Johannesburgse liedjieskrywer en sangeres Angelique Greffrath het pas haar eerste Engelse enkelsnit Safe Outside uitgereik en met dié liedjie bereik sy nie net nuwe musikale hoogtes nie, maar vestig haarself nou ook as ‘n Engelse liedjieskrywer van formaat. Angelique het verlede jaar eers tot die kommersiële musiekmark toegetree – en binne agt maande het twee Afrikaanse enkelsnitte uit haar pen (en stem) verskyn. Beide liedjies is uitstekend deur plaaslike radiostasies ontvang en daarmee het sy ook ‘n bekende naam in die Afrikaanse musiekbedryf geword. Met Safe Outside betree sy…

Lees meer

HOEKOM VERANDER PLEKKE SE NAME? “DIS HOEKOM”, VERDUIDELIK DOZI MET SY NUWE ENKELSNIT!

Die uiters talentvolle en gewilde Dozi, het in 2020, sy negentiende album Vrede, vrygestel. Hy het reeds twee enkelsnitte vanaf die album vrygestel, Partykeer Somtyds en Ek wil vir jou sê en nou volg sy derde enkelsnit vanaf hierdie album, DIS HOEKOM. Die liedjie is deur Dozi, Kappie Kapp en Stef Kruger geskryf en is vervaardig deur Dozi, Mauritz Lotz en Tertius Human. “Die lied gaan oor plekke se name wat verander en die verwarring wat daarmee gepaard gaan. Dit is ‘n ligte, humoristiese liedjie wat gaan oor die dinge…

Lees meer

Anna-Mart van der Merwe se boek “Stilte voor die storm” is deur die gebeure van ‘n wonderwerk geinspireer.

Olka Bolka het vir Anna-Mart gevra om bietjie haar lewesverhaal met ons te deel, hier vertel sy: Ek is, Anna-Mart van der Merwe ‘n plaasmeisie en ek het groot geword op Mooiplaas geleë naby die dorp, Wolseley in die Weskaap. Ek het gematrikuleer in 1986 by Hoër Meisieskool La Rochelle in die Paarl en in 1990 my Graad in Maatskaplike Werk verwerf aan die Universiteit van Stellenbosch. My passie was nog altyd om God en die mensdom te dien. Daarom was dit dan ook geen verrassing dat ek by die…

Lees meer

HUNTER LEITE OORKOM HAAR GROOTSTE VRESE IN NUWE ENKELSNIT.

deur Elingua Editorial Services Spits jou ore, want HunTer Leite se nuutste enkelsnit, Hoogtevrees, is beslis nie iets wat jy wil mis nie. Die liedjie is pas vrygestel en reg om die radiogolwe oor te neem. Dit spog met ’n strelende kontemporêre klank en diep lirieke, uit die pen van Rudi Claase, waarby luisteraars van alle ouderdomme sal aanklank vind. Hoogtevrees is ’n baie persoonlike liedjie wat gaan oor die vrees om alleen te wees in liefde en om iemand te vra om by jou te bly – deur goeie…

Lees meer

Kom GROET DIE GROTMAN 2 hierdie Sondag in jou sitkamer.

Die Grotman of te wel Wynand van Vollenstee (Karate Kallie en Gielie in Ouboet en Wors) is hierdie Sondag om 17:00 (25 Julie 2021) te sien in Groet die Grotman 2.  Hierdie is ‘n aanlynproduksie en die hele gesin kan lekker kyk in die gemak van hulle eie sitkamer. Daar is ‘n ouderdomsbeperking van PG16 op Groet die Grotman 2.  Besprekings kan gedoen word by www.itickets.co.za of 0118153000.  Daar is ook seisoenkaartjies teen R450 vir 5 aanlyn Kelderkonserte wat dan ‘n R450 besparing is.  Groet die Grotman 2 sal slegs…

Lees meer