Besoek aan die Goudstad- deur Ester October : Opgedra aan Mollie le Roux 13/09/1955 – 13/08/2019

Pas aangeland in die Goudstad, slenter ek verby die Goue akker en besluit om links te draai by die hoek en die suidelike deel van diè wêreld beroemde stad te verken. Eers het ek na die een kant toe gekyk en toe na die anderkant en toe vinnig die besige Goudstraat oorgesteek. Die eerste mens wat ek aan die anderkant raakloop is die liewe Mollie, sy staan en vergaap haar aan die prag en praal, Ek het my hand om haar skouer gesit en toe sy omdraai was die wedersiens…

Lees meer

Dis Saterdag!

Saterdae in die 70tigs was langer en lekkerder as nou se Saterdae. Somer of winter, my ma het altyd ‘n plan gehad en ons het die wêreld rooi geverf in haar groen 1967 Ford Anglia. Wanneer dit somer was in die Kaap gedurende die vroeë 70tiger jare het my ma meeste Saterdae oggende ‘n groot koelsak gepak met toebroodjies, ‘n paar bottels coke en koue water in daardie reghoekige plastiese waterbottels. Swembroeke en handdoeke en ons drie kinders het in haar groen 1967 Ford Anglia gebondel om van Bellville af…

Lees meer