Word wys met jou woordeboek en Taalmonument se ‘Skerpskryf in Afrikaans’ bied duisende rande vir Drakenstein-leerders.

Hierdie artikels is in Afrikaans en Engels – Engels verder af. Hoe knap kan jy vanuit Engels na Afrikaans vertaal? Want die tiende ‘Skerpskryf in Afrikaans’ – ’n skeppende skryfkompetisie vir graad 7-, 10-, 11- en 12-leerders van Drakenstein – is die perfekte plan vir maklike kontant in die hand. Inskrywings is boonop gratis, dus deelnemers kan net wen. Die kompetisie word aangebied deur die Hugenote Gedenkskool in Dal Josafat in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl. In 1883 was die gedenkskool die eerste skool…

Lees meer

Amor Vorster inspireer met woorde in sy gedigte.

Olka Bolka het vir Amor gevra om ons ‘n bietjie van homself te vertel. Gedigte het aan my begin groei so 33 jaar terug tydens my studentedae. Ek het net gaan sit en my gedagtes op papier begin neerpen. Na ‘n paar traumas in my lewe, het die “dig-gogga” my behoorlik gebyt. Seker om sin iewers in myself te soek?!  My eerste “resensie” is gedoen deur ons enigste(toe) oorlewende groot-oom, Harry Vorster. Ek het toe nog net so 25 gedigte geskryf en hulle aan hom voorgelê,  terwyl ek by hom…

Lees meer

Wedevaringe en reise as lugvaartingeneur gee aanleiding tot Kobus de Villiers se boeke.

Olka Bolka het Kobus gevra om sy biografie met ons te deel. Dit voel vreemd om oor myself as persoon te praat. Ek was altyd een van die ‘backroom boys’ by die werk, die ouens met die wit jasse, dik brille en penne in die bosak. Ek is ʼn lugvaartingenieur en my vrou het linguistiek studeer.     Ek het as kaalvoetseun op die myndorp, Welkom, in die Vrystaat groot geword en weens die nuus en algemene invloed van die 60s se koue oorlog en ruimteprogramme, was ek so beïndruk met…

Lees meer

Kobus se ryke verbeelding het gely tot speurverhale wat gegrond is op wat hy ervaar het.

Kobus is ‘n interessant mens en hy vertel die volgende: Sou iemand my vra oor ‘n foto van my sou ek ‘n “anderse foto” soek. ‘n Mooi foto van ‘n Olifant is wat ek verkies. Ek het baie mooi fotos van Olifante. Waaroor ek n olifant verkies kan niemand werklik verstaan nie. My pappie was ‘n boer/grootwildjagter/slanghanteerder en oom n masjinis vir die Kenia Spoorweg. In Kenia het hy bekend gestaan as die WIT OLIFANT vanwee sy goeie geheue en moed. Hy het 3 plase in Kenia besit en moes…

Lees meer

Loret Zwarts dig en skryf met passie en emosie.

Ek is n digter en skryf my eie emosies uit my hart uit. Van my gedigte is in Inkspraak opgeneem en ek was deel van 13 gesamentlike bundels waarvan ek die een se voorblad ook geskilder het, vertel Loret. Olka bolka het bietjie met Loret gesels om meer van haar uit te vind: Waar is gebore en het jy groot geword? Ek is gebore Wolmaransstad. Ek was bevoorreg gewees om in baie dorpe te kon opgegroei as gevolg van my pa se werk. Hy was ’n plofdeskundige. Het jy naskool…

Lees meer

Tina Jooné deel haar lewenservaring as dowe mens met haar boek, “Die Stil pad”.

Tina Jooné is doof maar dit het haar nie onder gekry sy twee boeke geskryf haar eerste boek “Die stil pad” is om mense bewus te maak van die pad wat ‘n dowe mens loop en die tweede boek is ‘n kinderboek, Dirkie die Dowe seuntjie om ook dieselfde ervarings te deel met kinders. Tina së die regte respek en grondslag hoe om teenoor gestremde mense op te tree begin terwyl die boompie nog klein is Tina vertel “my eerste boek Die Stil Pad is al my ervaringe as dowe…

Lees meer

Die boek van Hoop deur Marilize Terblanche-Swart.

Wanneer jy die boek vat en begin lees voel dit asof jy tussen die hartseer, liefde en hoop kan wegdwaal. Hier is ‘n uittreksel uit die voorwoord om jou ook lus te maak om die boek te kry want dis egte stories wat jou hart raak. “Hierdie boek was my droom vandat ek kan onthou…” – Die skrywerLank gelede was daar ‘n groot porseleinhond in ons sitkamer en gipsafdrukke teen die mure. Cora-Marie se stryd teen kanker was gereeld in die Huisgenoot en daardie kere is ek nie toegelaat om…

Lees meer

Anna-Marie Koen se debuutboek “Gulpflerrie” ‘n moet lees!

Anna-Marie Koen is in Worcester gebore. Sy was hoofmeisie by die Hoërskool Montana. Sy het aan die Universiteit van Stellenbosch studeer, waar sy haar Meestersgraad(MA) in Sielkunde verwerf het.  Sy het vir dertig jaar as Sielkundige gepraktiseer.  Vyf jaar gelede het sy uitgetree en toe begin skryf.                               Anna-Marie se debuutboek “Gulpflerrie en ander seksstories” is twee jaar gelede gepubliseer. “Vroue het hulle seksuele fantasieë met my gedeel. Sy het 21 stories rondom dit geskryf. Die stories word ingekleur deur poësie. Die doel van “Gulpflerrie” is om paartjies se sekslewe op…

Lees meer

Wat is Depressie? – Deur: Seagull

Voorwoord Ek is so ongelooflik depresief? Wel ruk jouself reg. Niks sal gebeur as jy so jammer vir jouself voel nie. Klink dit bekend? Wel, vandag is daar baie hulp beskikbaar.  Maar kom ons begin by die begin. Depressie kan enigiemand beïnvloed — selfs iemand wat blykbaar in relatief ideale omstandighede leef. My storie In 1988 is my kinders ontvoer deur hulle ouma, land uit. Ek was depresief vir baie jare. Ek was aangesê om mediese hulp te kry. Ek het geweet medikasie gaan nie help nie om dat dit…

Lees meer

Bekende Afrikaanse skryfster, Wilmarí Jooste, stel haar nuutste boek 28 Junie vry.

Die bekende Afrikaanse skryfster, Wilmarí Jooste, wat tot op datum 34 boeke die lig laat sien het waarvan titels soos – Bekende Vreemdeling, Dertien vir geluk, Dis Mooiweer en liefde, Liefste perske dief, om net ‘n paar te noem, doen die bekendstelling van Die Erfgenaam op 28 Junie 2021 vanaf 10H00 by Karoobrou Restaurant in Oudtshoorn. Daar sal ook verskeie van haar ander boeke beskikbaar wees. Hier volg ‘n kort uitreksel uit Die Erfgenaam. Die eerste gewaarwording waarvan die meisie bewus raak toe sy haar bewussyn herwin waar sy in…

Lees meer